Jongste aktiwiteit:

Kasteel van Drome

‘Jy kan vergeet wie jy is in ‘n plek soos dié,’ fluister Tiny.

Ek kyk nie terug na die reuse man nie, maar ek weet selfs hy voel klein in die biblioteek waar ons staan. Ek het onbelangrik gevoel van die oomblik toe die ligte aangegaan het. Die rakke hou aan vir ewig en bevat heel moontlik elke boek wat bestaan.

Ek bewe en volg die hitte na die ander kant van die vertrek. Tiny volg my, soos altyd.

‘Kyk, boeke oor Feërie,” fluister hy.

Ek haal ‘n boek van die rak af, die swart leer oortrek met silwer strepe.

‘Tir na nÓg.’

Dit vries my hand en ek laat dit val.

Ons loop stadig nader aan die hitte. Fluisteringe en gille laat my aan die rakke klou. Ek kyk om die hoek.

Kaboutermannetjies gooi boeke en woudkabouters in die groot vuurherd.

Ek kan Tiny hoor sluk en hy gryp my arm en trek my vinnig weg van die hitte en deur die gangetjies en doolhof van rakke wat die biblioteek maak.

Eindelik vind ons ‘n deur wat wil oopmaak. Alhoewel die wesens in die biblioteek ons nie nagesit het nie, klop my hart asof ek vir my lewe gevlug het.

Aan die ander kant van die deur is ‘n musiekkamer. Ons gaan nie in nie. Iets voel sinister oor die klavier wat glim onder die kandelaar.

‘n Deur staan oop en nooi ons in. Ons het geen weerstand nie.

Die ys en sneeu is in skerp kontras met wat ons in die res van die kasteel gevind het. Maar die vrou op haar kristal troon… Alles maak skielik sin. Sy is Beira, Koningin van Winter. Ons het op een of ander manier Tir na nÓg betree. Seker toe ons deur die deur gegaan het wat ons gewaarsku het om nie verder te gaan nie… Ek skud my kop. Tiny druk my hand. Ek glimlag vir hom, hartseer.

Haar blou oë kyk reg deur ons. En ek voel niks behalwe koue nie.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed