Verdwaal
My verdwaal lê anderkant
die naat van my denke
die misplaas van
soveel verwarde,
verdraaide wenke
die sif van kennis
(oor jare versamel)
en my eie toegeskulpte
geskenke
toegedraai en weggepak
vir eendag se oopmaak
maar êrens het ek verdwaal geraak
tussen gister en nou
op verkeerde spoor beland
en nou lê ek gestrand.
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.