Jongste aktiwiteit:

Vêrgenoeg

Daar aan die anderkant van stil en weet
lê ‘n vêr uitgestrekte land
met ‘n groendal-dal wat saam die vroeë misstemme roer
is ‘n plaas genaamd Vêrgenoeg-
die ou-ossewa spook
van ‘n ou-geskroeide boer van ‘n ou-verskroeideland,
van bloed en sweet vir leef en laat leef
van droom en nooit vergeet;
‘n John Deere trekker die basterhond die brahmabul,
soetmielies wat in hul groenvelle hang-
Daar in die donker sombernag
Lê Vêrgenoeg en kwel
in ‘n bloedrooimuur se hel
waar die kuile hul trane smeer aan ‘n nooit-nooit weer
aan ‘n niks meer droom,
geen son geen opkoms, verbleek soos dood,
die blou-blou lug sal alleenlik weet
hoe vêr is vêr genoeg!

Opgedra aan die wat hulle lewens so brutaal verloor het om die land te voed.

©Morné du Preez




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Man ek het swaar aan die gedig gelees. Interesant hoe jy met die twee “Daars“ n skeiding maak. Dankie

  • morne du preez

    Swaar bedoelend met in jou hart? of swaar soos sukkel met die konsep omgaande die gedig of die form van die gedig? Die eerste deel bring ek 'n terug flits van die ossewa's is al weg(ouspook) en die eerste groot leiding van boere met die verskroeide aarde beleid en hoe die boere nooit ophou veg en droom het nie en dan tot die huidige waar die dade so gru is dat die mure vol bloed is. Dankie vir jou vra Koos ek hoop ek kon bietjie lig skep met my antwoord.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed