Jongste aktiwiteit:

Knapsekêrel

jy klou vanaand weer knap
aan my onthou
laat ver ver drome
tollend swymel-swaai
om doelgerig weg te vind
na diep geheimenis
wat jare lank
al gebalsem lê

met gloor wat geil gloed
oor die psige van my lewe
word weereens net gespan
vir krapperige vurkpyltjies
wat plaend anker
aan elke roof kom hang

gun my … rus
gun my … vrede
gun my slegs die soet onthou
uit die verlede

©Driekie Grobler (2020)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed