ja – boet
–
so het die koue gekom
met trae vingers weer padgegee
blomme-vreugde maak laaste
stuiptrekkings daarvan sag
soos golwe kom en gaan
soos nuus val en vergrys
soos mense verhoudings
ook blom en vergaan
so word ouers
en kinders
van
mekaar
vervreemd
deur die vrese
van die tyd
wat gaan
sterker
wees
die
liefde
of
die
vrees
–
©Teárlach
(Vrees is een van die gevaarlikste siektes wat onder ‘n gemeenskap en ‘n volk kan posvat)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.