Drome oor jou
drome oor jou
groet my in plaas van
jou,
hulle is vriendelik
en druk my hart
met kosbare liefde
kosbare liefde
is dit jou siel
wat kom kuier by my
in die stille sterre nag,
is dit ons harte wat steeds
in geheim saam wandel
vriende wentel soms uitmekaar,
sielsmaats bly
in mekaar se wentelbaan,
soms vêr,
maar nogteeds daar,
altyd daar
met elke aand
se stille kalm nag
sal my siel vir jou wag
om saam te dans
soos die sterrestelsel
in harmonie,
met ‘n ewige,
melodie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.