beloftes van veldblomme
uitgeput is die winter
en die moegheid van grys
en die verleptheid van velde
behou die veldblomme ‘n belofte
soos die wind verse is
die sneeu ‘n voorgang
die reën ‘n refrein is
so is die blomknoppe die brug
en so vorm die fleurson ‘n lied
waar die aroma vrolik speel
neurie die veldblomme die belofte
en die varsheid van velde
en die lewenslus van groen
lustig is die lente
*Let wel: die foto is my eie (kopiereg)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek