Ingelegde Sterre
in my drome swem gedagtes rond
ver in die hemelruim verby
reik ek uit na die sterre
en vang hulle een vir een
op die melkweg langs
waar jou hande my omvou
tussen wolke sweef ons heen
soos ingelegde sterre gebotteld
ons oë vasgevang flikkerend
glimlag ons breed vir mekaar
die soetsmaak van liefde
opgetower in ons samesyn
vir altyd saam in ‘n drome reis
ek en jy en ons liefde in sterre lig
‘n wolke bed is vir ons uitgelê
word ons drome bewaarheid
waar sterre bewondering
die happies van vreugde
‘n tinteling bring op die tong
en nie verlore gaan
opgevang in woorde vir mekaar
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.