Jongste aktiwiteit:

Vlam en Vonkie se vurige vryery (Goud)

Vlam en Vonkie se vurige vryery

Vlam Verwey was ‘n rooikop van negentien
wat bier bedien in die onderdorp-kantien

sy het gedroom van ‘n beter lewe ver van hier
toe kry sy vir oom Vonkie sekuur in haar visier

sy het hom gretig bedien en gehou van wat sy sien
en Vonkie het geglo dat hy ‘n tweede kans verdien

Vonkie was ‘n man van aansien; regop en fier
met ‘n broek vol planne en ’n lus vir Vlam se bier

hy het ‘n beroering gevoel en rondgeskuif
toe Vlam haar wimpers wapper en hom naderwuif

die twee is saam om die hoek om ‘n vryplek te soek
en Vlam het gevroetel en oom Vonkie het gevloek

hy het gesnak en gekreun, gebulk soos ‘n muil
daar is leë beloftes gemaak, gelag en gehuil

na die wilde storm het die stilte neergedaal
en Vonkie moes sy broek agter die asblik gaan haal

toe hy buk was daar ‘n klap en ’n kraak;
sy rug wou niks weet van weer reguit raak

met ’n hinkepink het hy hardop gedink
dat hy liewer maar net die bier moes drink

so laat ek jul vertel van ’n dure les geleer:
vry is lekker, maar die liefde maak ook seer

© Hester Steenkamp




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed