Sorgsaam oopgevou
Jy is my storieboek
se lekker buite blad
vandag skryf ek my
eie sprokiesverhaal
en jy is deel daarvan
Ek sug van lekkerte
oor alles van jou
deur die gange
van vandag se onthou
Vind ek soms stiltes
wanneer jou hand
in myne verdwaal
daardie diep-kyk in jou oӫ
waarmee jy geheime
uit my hart kom haal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.