Jongste aktiwiteit:

DIE OGGEND SE BELOFTES

Die oggend rol sy nuwe beloftes
soos ‘n piekniek kombers
langs my verdorde harts dam oop
en bring vir my ‘n bottel soetwyn
maar die inhoud leeg

Ek stap en hou net aan met stap
terugkyk maak te seer
en soek die gelouterde kwyl spore
van die oggendson se oopbek glimlag
by elke boggelrug krans op my pad

Ek lees vergete dae se briefies
onder elke klip posbus langs wit seestrande
en smeek genade by die strandlopertjies
wat soos ballerinas
voor die skuim vingers van die branders dans

Die oggend se beloftes
roep my luidkeels nader
maak vir my ‘n sakkie oggend sonstrale oop
en laat my toe om dit te bêre in my hart




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

  • Kiekies

    Jinne hierdie een is ook puik! Veral: Ek lees vergete dae se briefies onder elke klip posbus langs wit seestrande en smeek genade by die strandlopertjies wat soos ballerinas voor die skuim vingers van die branders dans

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed