DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Digters Ink
Eens sterk vloeiend’ bloed van digters-ink verdamp dwaal tussen sterre, strepe- waai lettergreeploos tussen buite-ruim gloed Skêre van gister se onthou knip geheuebank kragtig kort woorde warrel woes en wild in ’n saamkoek oeroud web tydelik nou saam toegevou Geluide bly hol afwesig stene van diepdenk-mure wieg brokkelend-broos – as dit fyn-fyn verkrummel neerplof tussen […]
Kelkhand genade
Tussen goudstof van die oggendson kniel sy kelkhand gekrom smekend om Sy groot genade eerbiedig met stil ontsag sonder voorgee of bravade Deur karwats en kronkelpaaie slaan en systap die lewe vurke in pad en om draaie moet ons slegs besluite neem dis die lewe se gegewe Maar as die aandster sag kom sê dit […]
Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 12 (SLOTHOOFSTUK)
Toe die groot wit Mercedes voor die deur stop sak daar n stilte soos min in die sitkamer toe. Gert en Colleen staan op om die nuwe gas te gaan verwelkom en ons kan hoor hoe hulle groet en n paar oomblikke later stap hulle saam met Lukas du Toit die sitkamer in. In n […]
As son verdrink in water
skemer loop kaalvoet oor die water en kom sit kruisbeen langs my op die strand, rooi kreefdop in die hand, met ‘n hartseer trek om die mond en die son word oud agter ‘n platgetrapte horison en ek wens ek kon jou deur tyd se glipgange sleep tot hier, hier neffens my langs hierdie hartseer […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]
Jou musiek
My gebroke siel ( wat vol fyn krakies wat gebreek en halfhartig gelas – wat haar beste probeer het om heel voor te kom maar steeds in stukke was ) het geheg die dag die oomblik toe ek jou die eerste keer hoor sing het – jou stem die passie in jou stem die voel […]
Skemeraand oor Jonkershoek
o helder, helder water o groenste, groenste blaar kyk hoe lê die lelieblom so skoon onskuldig daar * ‘wyl skemer teen die wal kom rus kwaak daar nog paddas in die dam tussen lang gras en ‘n rietpol word stille skadu’s vasgevang o diepste, diepste klowe waar dit eggo sonder taal hier boggom bobbejane reeds […]
EK STUUR VIR JOU ‘N N (natuur) -POS BRIEFIE
Ek stuur vir jou ‘n n-pos briefie goud getint met die son se oorskot skilfers en die volmaan se oopbek lag by my kamervenster in Ek klik en stuur ‘n ja-woord toe die son my nooi om te gaan kyk waar hy homself in die nag se skadu’s in die krake van die randjies bêre […]