Om doof te word
Die oog word nou my oor om dolgraag te wil hoor en ek lees jou woorde oor jou lippe knars soos ysterwiele stamp oor klippe want die hoor spat stom vir my verby uitgenome klank wat my van doof bevry. Ag, hoe het ek nie al prober om iets verbaal uit stom te leer want […]
Vreemde weë
Met Kersfees op hande, het die manne gedink, versterk hul ou bande deur ’n glasie te klink. Hulle skink elk hul glasie so ’n viervingersvol vir ‘kommunikasie’ en om lekker te jol! Hul suip later vrééslik en die vrouens kry skaam want hul gedra hul skoon beeslik –die hele klomp saam. Die vrouens stress dikbêk, […]
Kunswerk
God is ‘n digter Hy skryf met weerlig en rym met die reën God is ‘n kunstenaar Hy het die wêreld met jóú geseën
Wit kalmte
Bo die asuurblou lug waar verblinde bleekwit wolke dryf vlieg majestieuse swane op ‘n verre vlug Waar die heide groei en die lelies bloei soek die stil kolletjie diep in my siel na wit kalmte Hou my net styf vas my hart sit diep binne jou immer honger so bitter diep verlang
In nagedagtenis
lê hom neer aan die voete van U berg, Heer roep sy naam en laat U kranse dit in antwoord gee vly hom oor U vlaktes en valleie en laat rus hom op die golwe van U see vloei hom in U strome en riviere laat hom kronkel deur U klowe en U poort vloed […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD slothoofstuk
Seweuur stap Kas Hennie Aucamp, die senior aanklaer se kantoor in. Albei is ou motorgeesdriftiges en kom al n lang pad saam met ou motors maar ook in die hof. Hennie groet hom en vra: “En waarmee kan ek kaptein Dreyer help vanmore. Moet nie vir my sê dat die Botes saak opgelos is en […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 10
Toe Chantal de Beer Kas en n vrouekonstabel voor die deur sien staan weet sy dat haar uur geslaan het. Dit is net of sy haarself nie sover kan kry om die veiligheidsdeur oop te sluit nie maar toe Kas haar vra om oop te sluit dat hulle kan inkom sluit sy die deur tog […]
My Wintermaan (Ruminasie)
Die bouvalgeraamte het my siel genaak toe ek baie jare later wou gaan groet want ek wou graag dat kindertyd weer waar moes raak. Maar die waenhuisdak is lankal kaal gestroop en waar toentertyd ‘n deur en venster was gaap gitte-donker waar nou net spoke loop. Die ou suurkaree -deur bliksems raakgeslaan dra rumatiekverkrom nog […]
Silwer droom
Blou is die venster waarby ek staan en rooi is die mooiste sonop en ek dink aan jou Tussen glinsterende silwer’blaar bome skitter drome in die donkergroen blare en wanneer die see haar silwer heupe skud ontwaak die mossels uit hul diep slaap Terwyl die bome oud word sal uit die skeur van my mond […]
Sikspens-liefde …
jy gee my ‘n hart-sikspens om my geluk te koop met my blou kitaar oor my skouer sal ek die pad kaalvoet loop daar’s klippe onder my voete maar ‘n reënboog in my hart want in die toksak op my skouer het jy jou hart vir my gepak ©