ZELDA HFSTK 14
“Liewe dagboek. Vandag ses maande getroud en nie swanger nie. Ek voel skoon moedeloos dagboek, is die lewe dan nou besig om my laaste droom te ontsê? Ek hunker so daarna om swanger te raak maar dit gebeur net nie. Ek kan nie dink wat fout is nie, sal seker moet dokter toe gaan. Ma […]
DUIWEHOK
DUIWEHOK God se kinders is soos duiwe: goed versorg in goeie hok. Ons God het self die hok berei, en elke kind kan veilig by Hom bly. Daar buite is ‘n kat wat wag. Hy hou die duiwe dop. Die duif wat dalk net uit kan kom, gaan héél verorber word! Daar buite is ook […]
Godgeskenkte Pais en Vrede
Die laaste strale van die sinkend’son sterf sleurend in saffier se kleur en vermeng die wegkaatstinte tot aangeslane koperkleur. Naderby tand persswartberge na bowe nes ‘n haai se kaak en gooi lang uitgerekte skadu’s in die son se Wes wegraak. Digby die murmelende beek groei aronskelkies ingeryg met tussenin -volmaak verskuil- dwergvarings groen en teer […]
Bittere boete
Spookagtig waarsku- roep skeur deur swanger stilte van snikhete Bosveld nag Iewers in donkerdiep holte beskerm moederboom haar kosbaar’ donsige vrag Knaagdiere skarrel -haas na beskutte wegkruipplek want hul eien die stem van geveerde vyand waar naguil grootpupil mikroskoop skandeer Hul besef maar alte goed dat kom reën of wind honger vyand se kind gaan […]
Vroee Winter
my bed is opgebreek en wit linne lê stuk stuk versprei tussen gister en eergister; winter is vroeg vanjaar en betoon geen genade aan my bewende hart nie, aan my bevrore hande wat nog gebaretaal met jou wil praat nie jy het stom geword, woorde soek skuiling in jou oë, onthou is nou kiekies wat […]
Lappies
“Ek sê ek sê naand daar my Pêl! Hoe lyk’it nou in djou se vel?” “Ag neiwat, hiersô bakgat reg solank my Dolla langs my lêg!” (Maar koutes bly sy kaaltes knyp as wind die lappiessinke gryp. Dan wiet hy mos hy’s weggooigoed al loep hy brêk met veer in hoed; want sawends leg hy […]
Rypskade
soms word ons woes deur lewenswind gebuig met kronkelkrom stingel draai ons gebukkend boggelrug op mekaar besigtig sorgvuldig die neon- lentekleur wat gesigte openbaar word nie so geflous want diep daarbinne vreet wurms dalk klaar gee geel geurig’ roos uit God se eie pragtuin sny skerp dorings stomp so sal jy dan ook vind dit […]
Vrede wil genooi wees
Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku. Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma. Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat […]
ZELDA HFSTK 13
Die paar dae tot hulle troudag is n besige tydperk om alles gereël te kry. Rosa en Zelda is heeldag bedags besig met reëlings en Manuel neem Maria en oupa bedags op besigtings toere die wêreld vol. Dit is saans wat daar tot laat gekuier word maar die Vrydagaand voor die troue vertrek almal vroeg […]
JOSEF IN DIE PUT
Gen.37:23-28 O Here, hoe kom ek hier uit? Die wande’s glad en steil en hoog. Ek klouter, gly en val. ‘k Sal weer probeer. Ek moet hier uit! Daarbo’s die lig! Ek klouter, gly en val. ‘k Sal wéér probeer. Verniet. Uitasem, magt’loos, bly ek maar net sit. O Here, hoor my klag! Stuur uitkoms, […]