As dinge skuins neuk
Soms moet n ding wat skuins in jou derms le oorloop en uitloop sodat dit kan aan neuk maar jy bekyk hom voor hy aan neuk want jy wil daai ding se dat hy nie hier in jou binneste binne weer mag kom le nie….. want die liefde is n donnerse mooi ding en my […]
Onthou om te huppel (vir Klarissa, met haar 21ste verjaardag)
Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ‘n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ‘n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor streel […]
Alfonso se kruis
Ons lê almal op ʼn hoop op die dagbed. Moeg ge-son en moeg ge-sand. Met die uitloer na al die dinge wat sommer hier op ons gehuurde weskus voorstoep gebeur, merk ons ʼn vrou wat dwaal. Sy kyk en stap. Staan en kyk weer….. Ons snuggle voort. “Mamma wat soek die vrou hier voor ons […]
Reisiger
die reisiger het sy koffer geneem geeneen wis hoekom of waarheen kinderdief was hy definitief nie slegs ‘n troebadoer reisiger van eie verstand vervreem dalkies oppad na ‘n witstrand maar Gister is ‘n verre land so bereik hy vurk in die pad die ooreenkoms het hom dan dwaalspoor daarheen gevat
Wolf wolf hoe laat is dit?
Ek droom soms van ʼn wêreld sonder tyd…. My enigste onthou van so wêreld was toe pa en die seuns die karavaan en tent klaar opgeslaan het. Dan het my pa sy horlosie afgehaal en gesê. Nou hou ons vakansie en vergeet van tyd. Die vakansie – son wat sak en ons honger magies het […]
Gypsy
Die aand se lug was dun, en die gesellige klanke van stemme om die vuur was vertroostend. Die vuur het sy vlamme dans in die middel gedoen. Die hipnotiese uitwerking van die oranje tonge het my stip laat staar in die hart van die vuur. Dit was seker die visuele tinteling van my sintuie wat […]
Haar naam was Joy
.Haar hare was swart soos die nag. Giet swart en mooi vir my. Ek onthou haar naels. Lank en gewoonlik rooi. Kleure het deel uitgemaak van die misterie van haar bestaan. Niemand het gewoonlik met haar gepraat nie, behalwe my Ma. Sy was vriendelik met die nagvrou. Hulle het mekaar in die vaal strate van […]
ZELDA HFSTK 12
Dit is die Maandagoggend voor Zelda en Paul se troue. Zelda is in die kantoor besig met Charmaine wat nou al mooi reg gekom het en die winkel alleen sal kan hanteer. Zelda se erfporsie het uitbetaal en het hulle die verband op die besigheid afgelos en is sy nou n volwaardige vennoot van “African […]
TOE KOM DIE DAG
Roer die eerste oggend stoffies skaam in die wiegie van die oggendwind ontkoppel pioneer sontrale die nag se sluier ankertoue en nog ‘n nag word dag Roosbome sweet ronde doudruppels op die moeë aarde neer wat glinster en flikker soos verkeersligte in die onsigbare lewenskring terwyl vinke skepties neerwip langs ‘n waterpoel …’n Lig word […]
VRAGIES VRA
Mag ek gou ‘n sekonde uit jou dag se uurglas vra en vir jou ‘n vragie vra sommer ‘n dom sekonde vragie wat my die hele dag al pla? Het jy vanoggend gaan kyk waar die dou die erdwurms se eksodus deure modder maak en hadidas tou staan om die grasperk te bewerk? Het jy […]