~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou, hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek […]
~ Nirvana ~
Gedagtes lê soos ‘n oopgeslane boek in hierdie nirvana waar ek kwingkwang soek na jou silhoeët, na die wit van jou kneukels wat afwys teen die maan. Die lelies in my lyf ontplof en nag word ‘n kleurespel van sterrereën toe ek jou effe verskuil teen ‘n Kaapse geelhout sien leun. Miskien moes ek jou […]
Distels verstrengel
By ‘n rou rivier se droogloop – het sy gisterspore hertrap maar die berg het lui gehuiwer om weer bitterwater te tap In diep, donker dennewoud – op die koel, klam naaldtapyt het sy weerloos kruisbeen loop sit met haar mandjie propvol verwyt Onder die Apiesdoring- sambreel – desekteer sy die lewe in geheel dis […]
Jy wapper aan verlang se mas
Deur die mure van my hart se seer wil ek die doodgaan van jou weer daarom beur ek uit my blinkblaarbos weg van die wreedheid van die waarheid van die doodgaan sonder klaarheid en ek asmahyg my trane los benoud oor nié die dobbelsteen verstaan wat die een laat lag; die ander weer laat traan. […]
. . . van brood alleen
agter koue mis se newels word die son ‘n silwer bal teen die hemel, tussen wolke wat swerf en kleur in duifgrys tot die edeltint van staal my jas is dik, my stewels bruin oor my skoot lê ‘n kombers teen die vlootblou van my denim skakeer ‘n trui in lilla, violet en lintblompers ek’s […]
KOMPENSASIE
KOMPENSASIE O Heer, U neem soms dinge van ons weg. Sal U tog kompenseer? My kind, Ek wil vir jou die beste gee – iets beter as wat was. O Heer, my grootste wens is slegs Uself. Met niks wat minder is, kan ek tevrede wees.
Eerste Erosswymel
Die grasgroen waatlemoen het bloedrooi oopgebars met in sy gitryppitte my tande stomp geknars seshandig moes ek doen die fynknyp van ’n pars tussen koud en hitte tot sweet my vel uitbars en tussen pienk en wit het stukkies lap laat waai die hemelruim én swartgat deur met Josefskleure al te fraai
HEDE
HEDE Is jou toekoms uitsigloos, met niks wat vreugde bied? Jou gister net ‘n skim, met sond’ en smart wat knel? Kom wend jou dan na Jesus. Gryp Hom vas met al jou mag, en leef in d’ hede – saam met Hom!
Aanrolbrandertjies…
Met aanrolbranders in my brein bly ek ronddobber op gety teen my nodelose aanhou stry en koudverlang wat in my skry. Maar vroegdag het my bitter trots teerverlang se rots geklots, en met die t’rugtrek van gety was op my strand se siele-sand jou kaalvoetspore ingebrand. Toe’t ek (dikvellig in my nerf) gekeer dat liefde […]
DIE WINKENDE DOOD SLOTHOOFSTUK
Omdat sers. Olivier oorspronklik met Dalene se verdwyning gewerk het word die dossier terug verwys na haar vir verdere ondersoek na Dalene se geheimsinnige dood. Sy besef dat die sleutel tot die oplossing van die hele saak by die eienaars van die gesteelde Mazda bakkie lê maar om hulle op te spoor gaan nie n […]