MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE
{Waarskuwing: Die skribbel bevat grafiese inhoud; nie vir sensitiewe lesers nie!!! Dis soortvan ‘n uittreksel uit my boek – dis nie vir sensasie of simpatie nie, maar net om te bewys hoe GROOT die God is wat ons dien, dat ek na als steeds innerlik gesond kon word!} MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE En iewerster in die […]
n Nuwe jaar
Reik na die sterre Droom, beplan jou nuwe jaar Soos ‘n Eikeboom Reik op, staan vas, glo en bid En weet, net God kan beskik
As is verbrande drome
As is verbrande drome As ek met jou hart wou praat Sou jy hom rustig maak om te luister As ek jou siel wou inkleur Sou jy my die leë bladsy gee As ek in jou gedagtes se gange wou dwaal Sou jy my die sleutels tot deure gee As ek jou lippe wou aanhang […]
Geheime projek
‘n Geheime sending het so pas op die aarde geland, lang senerige ruimtewesens klim een vir een uit die ruimteskip. Met groot yslike oë bespiet hulle die gebied om hulle, en maak eienaardige geluide soos hulle kommunikeer met mekaar. Hulle opdrag is om soveel moontlik mense wat onder die sterreteken “Vark” gebŏre is te vang […]
Veg as die Vyand
Die hele kasteel bewe soos die deur tussen wêrelde oopgaan. Die ligte van die kandelare flikker en gaan dood. Neil hou dit alles sonder emosie dop; hy het dit als vantevore gesien. ‘n Gefluistery kom deur die oop deur. Fluisteringe van verraad. Fluisteringe van rugstekery. Fluisteringe van… Diane sug en hou op om te tik. […]
‘N LEPEL SE ONTHOU
‘N LEPEL SE ONTHOU Ja. So word dogtertjies ook groot, en ekke wil nie nou eers grootwees nie. Ek wil nie nou ‘n regte-egte grootvrou wees wat weet hoe dit werk as jy en jou man liefdemaak nie en….. en glad nie geweet het dat ‘n regte-egte grootvrou in die middel van daai groot liefhê […]
In die land van Kamma’mielie
‘n Hans-vark met die naam Bertus het op ‘n plaas groot geword. Met die dag van sy geboorte het sy ma gesterf en die varkie is saam die res van die werpsel deur Tant Lettie groot gemaak. Tant Lettie en Bertus was oral saam, hy het tot by haar op die bed geslaap, maar later […]
My wense tel die sterre
My wense kom snags bymekaar Hul kom sit in die nag lug om na die sterre te staar My wens is dat jou siel se gevegte sal bedaar En die probleme wat jou hart vol lê so swaar My kind ek stuur aan jou elke ster Gaan soek na jou drome al lê hul vir […]
SAL ONS DANS
SAL ONS DANS Nou kyk – jy kan my in ‘n wip vang met dans; al van kleintyd al af! Ek was net vir Liewe Jesus liewer as vir dans. Dans was soos om met jou voete to bid; soos vreeslik baie liefhê; soos asem en lewe. Soos die vuur in my Hero se oë. […]
VANDAG VETSIT EK NET WOLKE
VANDAG VERSIT EK NET WOLKE Gegroet… My naam is Laika; koningin van Faikonta. Ek het ‘n versoek uit Grootmensland gekry om so ‘n tiekie se bietjie te gesels oor wolke…. Nou – volgens koninklike wet word geen grootmens in Faikonta toegelaat (of enige inligting oorgedra) as daar nie ‘n afdruk van sy of haar hart […]