Aarbeie op my sjokoladekoek – my ding.
Aarbeie op my sjokoladekoek, my ding! ‘n Oulike hondjie, ‘n katjie of vriende op eksotiese kuierplekke. Resepte vir eiers. Lewensraad oor die soek van ‘n lewensmaat, die slaggate en die alewige bybelversie. (Ek ken die woord, dankie) ‘Goeiemôre, ek hoop jy het lekker geslaap in Jesus naam’. Nog ‘n resep, dié een vir koekies. Aborsiewette […]
AS MY KOP MET MY OP LOOP GAAN
So het ek vandag weer ‘n onderonsie (net darem so ‘n ligte enetjie!) met iemand. Niks in die besonder het gebeur nie, dit was net so ‘n paar ongevraagde woorde en dan … die lyftaal, mos. Jy weet mos, iemand het nog niks gesê nie, maar jy ‘lees’ daardie lyf en jy weet! Nou ja, […]
Goue Waterlelies
Juliette sit haar tas in die spaarkamer neer en gaan lê op die bed. Die rit hierheen het haar twee ure geneem. Sy voel gedaan en haar kop is baie seer. Dit is so rustig hier langs die dam. Sy maak haar oë toe en luister na die voëlgeluide buite. Sy is verlore in haar […]
GROEN VINGERS
GROEN VINGERS Jy weet, Bokkie my babie, dis snaaks hoe iets simpels soos groen merke op mens se vingers jou sommer so kan steel en gaan wegsteek in die onthou van ‘n eendag se anderdag. Veral met ‘n wise-ass hart en ‘n cheeky vrouweesgemaak soos myne; wat mal is vir konsert hou en altyd sorg […]
EFFATA
Effata. So om-en-by 20 kilometer noord van die hedendaagse Israel-Lebanon grens was Sidon en 32 kilometer suid was Tirus. Jesus, seun van Josef en Maria, kom nou van Tirus af. Daar het hy bose geeste opdrag gegee om die dogter van ’n heidense Siriese vrou, te verlaat. Sy is verlos. Hy is op pad na […]
Genade
“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie […]
Ontwaking van die Natuur
Dit begin met ‘n gefluister. Die wind ritsel die blare en los ‘n boodskap vir dié wat dit kan hoor. Die fluister vloei, vat en vlei totdat dit nie meer geïgnoreer kan word nie. Blomme, akkers en ander word wakker. Hulle strek en maak hul oë oop om te sien wat die wind wil hê. […]
Engele en vlerke
Gerrie lê op die hospitaal bed, die plafon is die paar maande sy enigste geselskap. Die kamer is effe vaaler as die vorige dag, geen blomme, geen “word beter kaartjies” nie…….. Besoektyd sit hy en verwonder hom aan die siek siele wat lewe kry, hul gesigte kry sommer kleur as hul geliefdes die kamer binne […]
EKKE EN DAAI GESLOTE DAMESKORPORASIE
EKKE EN DAAI BESLOTE DAMESKORPORASIE Liewe Bokkie my babie, nê; ‘n handvol en nog so tiekie vir ‘n bietjie se sandval deur die uurglas, het ek gevryskut vir ‘n koerant. Enne so besluit my simpel blêrrie redakteur dat ekke nou moet gaan verslag doen oor die een of ander heilige, high society Christen Dames Konferensie; […]
Hanna se otterjasie jaar
Hanna se otterjasie-jaar Hulle dink verniet dat sy nie hoor wat hulle oor die koektafel fluister nie. “Bitter, oujongnooi, suur, lewensmoeg…” Ja die susters hou hulle verniet so heilig. Teetyd by die kerk is alles behalwe heilig en as ou Dominie steeds daar was sou sy al lankal gaan kla het, maar die nuwe dominie […]