Klippe gekou
Klippe Gekou Elke dag het iewers in my lewe ook gelag. Daar was gevegte. Ek het baie verloor. Maar die oorlog het ek elke keer gewen. My mure was plat geslaan.Oorgebouen weer laat gaan. Klippe van ‘n andersoort het ek gekou. Soms fyn gebyt en die goeie behou. Wankelpaaie het ek gestap. Drake was later […]
Soet woorde raak bittergal
Soet Woorde Raak Galbitter Ouma Katrina glo, jou woord is jou eer. Dit het sy al haar kinders geleer. Daar is iets wat die hart nie koop nie, by dié wat net bek verkoop. Kies jou woorde met wysheid. Elke een dra ‘n prys. Al is jou woorde hoe soet, sonder dade word elke belofte […]
Oupa Lacaas
Oupa Lacaas So groot soos ‘n reus, met ‘n hart van ‘n muis. By hom was almal dadelik tuis. Van sy biertjie en vleisie oor die kole kon jy maar jou voortande gee, niks sou hom daarvan kon speen. Sy hande was bang vir niks. Van werk en selfs sy kinders het hy met liefde […]
Onseepkans (Goud)
ek is ’n gebore kanaalaap-kind van Upington met modder van die Oranjerivier aan my voete ek ken die hitte van die bloedige son op teer as ons stop-stop hardloop na die munisipale swembad by Onseepkans, waar die rivier sy draai onthou en mens kans kry om seep af te spoel hier skryf […]
Knerslaagte (Goud)
sou ek ’n hartsplek moes kies, kies ek jóú, met klipkoppe en al onse voorouers roep dié plek Knerslaagte: waar klip teen klip ou Godgesprekke slyp en die wind met sand tussen sy tande loop woorde word hier spaarsaam gebruik, want woorde kos water in die mond teen skemer skuif skadu’s tydsaam […]
A cappella
eensaam en alleen sit ek op my duin en luister na die welbekende bas stemme van die verlede wat A capella na my kom baanbrekerstemme wat vandag polities negeer word stemme wat onuitwisbare spore op ons nagelaat het stemme wat ons siele steeds raak in skoonheid die reinheid daarvan bereik steeds my gees […]
Ken jy vir oom Joppie
Ken Jy vir Oom Joppie? Die ou kêrel is al lank op die been.Tel elke dag sy seën. Met byna niks lag Oom Joppie elke dag. Geen mens kan raai wat sy regte naam is nie. Sou jy hom iewers gewaar, groet hy luidkeels. En sy sinne eindig altyd met: “Los maar uit vir ‘n […]
Dof gesoende fotos
Dof Gesoende Foto’s Soggens, saam met die son se groet, sit Tant Pikkie met haar teetjie soet, met ‘n tikseltjie melk. Sy gesels oor land en sand, lag, vee ‘n traan af, en gesels dan voort. Die kuier is tussen foto’s van lank gelede, gekoester in albums op die koffietafel. Foto’s is al dof gevat, […]
Wagter se baas
Wagter se Baas Ou Oom Besuidenhoud was destyds reeds al oud. Ek was rondom twaalf. Oral waar hy sou gaan, was ou Wagter saam. Voor die myn se hek het Wagter bly lê tot sy baas sou kom. Kry sy happie brood, dan loop hulle saam na hul huis, anderkant die spoor, daar by die […]