Vlamme van genoeg
Vlamme van Genoeg Deur: Ryno du Plessis Donker aarde, vergaande siel, die val lei tot ’n kniel. Die hel brand los— gister se rokie, vandag se vuur. Alles verbrand, jou goue uur, baie het jy verduur. Laaste oorblyfsels gil vir hulp, ’n siel huil trane teen die hart se venster, geen meer oë wat glinster. […]
Winter in my Siel
Winter in my Siel Deur: Ryno du Plessis Koud en alleen, tussen winde gewaai, asem van gister teen die ruite vasgevang. Ek neem verkeerde besluite, roei op ander se skuite. Gebed raak weg, vertoue stil, die koue van die lewensberg raak eenvoudig net te erg. Emosies dra nou ’n jas, toegebind in angs. Bring die […]
Deure van hoop
Deure van Hoop Deur: Ryno du Plessis Toegeklap — ’n groot, swaar houtdeur. Die weg na hoop bly gesluit. Ek klop al harder, my kneukels al seer. Hoeveel wil die lewe my dan nog leer? Stilte hang… waarheen nou? Wat is die Here se lewensplan vir my? Verder dwaal ek in strate van verlange, soekend […]
Donker meer
Donker Meer Deur: Ryno du Plessis Grou, grys, donker water tussen berg en boom. Hier voel die lewe verloën. Net ’n bietjie son —selfs hier en daar dalk ’n blom —alles is weg in die gruis vermom. Vrees vir môre knaag aan my soos ’n ondier hier by die meer. Wolwe tjank; my gedagtes dwaal. […]
Uithou in my are
Uithou in my are Deur: Ryno du Plessis Klappe kom uit alle oorde. Modder bevlek; ek het geen meer woorde. Byna verdrink in waters waar die lewe woed, nooit geleer hoe om dit te verhoed. Ander het ’n lewe; ek spartel net om te kan bly lewe. Mense lag, gesels oor hul dag. Ek sit […]
Laaste wens
Waar lewe stom blom onder die rooibruin sand van duineland tot reën se druppels kom oor die duin se rand waar die hemel kobaltblou aan die ewigheid klou en nostalgie op die horison jou aan stilte toevertrou daar waar my spore ophou stories vertel in die sand ónthou dáár moet jy strooi my as as […]
Inversie-mooi
Duisend gisters het verby gegaan; steeds herroep ek haar naam. Inversie-mooi haar lewe geplooi; tydmaat die dood se mooi. Alleen agter gelaat, het sy my lewe; ontrustendheid eensaamheid my gegewe. Waarom Heer, hierdie seer? Lentes, somers, herfs, winters; verby gegaan ’n duisend gisters. Steeds vul haar parfuum my luggang, voel ek nog klam haar kus […]
taan
wanneer sonstrale tanend ondergaan wolkies in vliese verward versprei voor vlietende suid-ooster woede sneeu wit op kaapse berge rus bokmakierie se roep angstig en senutergend raak knieë nie meer sag wil buig raak gesigte baie skaars op wit strande van my mooiste baai raak gedagtes drome wat telkens terugkeer na verlede se mooi […]
Prentjies uit my Koffiebeker
Prentjies uit my Koffiebeker Deur: Ryno du Plessis Stilte skree, naggeluide gaan slaap. Die son ontwaak. Môre groet die dag. Stil by die tafel, besig om die dag te ontrafel. Koffiebeker in die hand, begin gedagtes dwaal. Drome gebore met elke sluk. Kyk verby die oomblik van misluk, sweef op gedagtes van geluk. Beker leeg, […]
Huisie op die Maan
Huisie op die Maan Deur: Ryno du Plessis Sterre skitter onder helder maan, kon ek tog net daarheen gaan. Huisie in die hoek van ’n sekelmaan, daar moet my tuiste staan. Die wêreld draai om ons wentelbaan, tyd staan stil, geen plan om te beraam. Tussen sterrelig en hemelruim, kastele op wolke wat wegkwyn. Sag […]