Nanag Blues
Nanag Blues Ek lê wakker, wawyd wakker in die vroeë nanag ure, want die slaap is vort, die koffertjie gepak in sameswering ook die meeloper muse – – – Ek lê wakker, wawyd wakker en soos Dawid van ouds dink ek oor die dae van die voortyd, oor die ou ou jare van my jonkheid […]
Alles het nie verander
Alles het nie verander Uitdrukkings raak verouderd want tye verander alles raak moderner maar nie alles het verander nie – – – Die liefde het nie verander nie en die oë lonk en lag nog soos van ouds, haat afguns en nyd is onveranderd want die oog se woede nyd en veragting skroei en blits […]
Geroes-geanker
Hier waar jy lӗ langs die pad met ylblou deur wit mistigheid en suising heen Waar gaan jy heen? het die lewe jou nie geleer om rustigheid te vind en om situasies beter te hanteer Hier waar jy opkyk na die donserige maan maar daar is nou ook kronkels oral om jou deur verloopte jare […]
Onvergenoegd
meer en nog meer hoeveel wil jy nog hê so vraatsig en onvervuld tog so vergangklik jy die mens eenvoud jou redding te veel jou ondergang min wees en min het dit is jou behoud jy die mens
Sluipende Tyd
Sluipende tyd Die tyd O, die sluwe onsigbare tyd se gang is geluidloos en so sag en meedoënloos soos die kat se leopard crawl wat dan skielik op sy prooi toesak want skielik besef jy baie jare is verby en die aftrede ophande – – – Die tyd het jou stil stil bekruip en op […]
Pablo kom uit Latyns en beteken jongste
Pablo kom uit Latyns en beteken jongste – – – Talente Pablo Picasso het gesê: The meaning of life is to find your gift, the purpose of life is to give it away – – – Elke mens het ‘n talent of gawe ontvang om uit te lewe of van te lewe, vir eie sielsverryking […]
Jy my liefling
Jy my beminde jy is die rede vir my bestaan jy is die lig in my lewe sonder jou is dit altyd donker Kom saam met my na ons eiland ver weg net ek en jy my beminde Daar sal jy veilig wees ek wil jou beskerm jou koester en bemin jou omarm en vashou […]
Nagmerrie
Die nag, waar lewe wegkwyn, is vol gesigte, gerimpeld, lelik; hul trane van hartseer en pyn bemoeilik dit om te verduidelik. As hul stemme in my kop maal, weet ek, ek is aan die verdwaal; dan is ek ‘n man alleen en kaal en verraai ek myself telkemaal. Kerf vrees se vlymskerp dolke my weerstand […]
Opdrifsels
Opdrifsels Ek skrik vroeg in die nanag wakker half deur die slaap en wonder waar kom die onaardse raserige musieklawaai vandaan? Gedagtes en herinnerings begin rol golwend aan en spoel skuimend voortstuwend uit en rallentando tot ‘n stop en terugvloei en ek los die onaangenames net daar met die opdrifsels en gemors op die getysoom […]