Miswolke Versus Donderwolke
Miswolke versus Donderwolke As die miswolke kuslangs aangerol kom en met sy grys wolkkombers die lugruim oordek weet jy byna verseker bekommer jou nie oral gaan dit sagweg reën eentonig aanhoudend en niemand word oorgeslaan maar o, ek verlang na die donderweer se kopskoonmaak knalle, want dis heerlik anders as die stapelwolke begin saampak, die […]
Deur die droogte vermink
Ons bid na die berg dat die reӗn die pienk rose se trane sal kom droog Net stof dwarrel om die vlaktes heen wat droog, dorsend na water kreun Wanneer die wind deur ‘n kierieklapper se blare terg verstil die boer se hart in sy diepe smart Hy vat sy kind se hand en voel […]
Nuus Direk Wêreldwyd
Nuus Direk Wêreldwyd Die wêreld het gekrimp met internet want almal ter plaatse en in ander lande is gelyktydig in jou sitkamer— Noem die land en jy het FB vriende of kennisse daar— Jy skype met geliefdes daar maar mis die warmte van vlees en bloed en terloopse verbygaande drukkies en piksoentjies, en op Tv […]
ROMANTIESE WINTERSAAND
Misterieus Teen die donkernagruite Trek die sneeuvlokke nat strepe teen die ruite. Grou en grys lyk die nag, geen sterreprag. Langs my sit sy asemrowend mooi spierwit rok en lippe rooi getooi. Rooi kunsblom in haar blonde hare wat golwend blinkend satynsag in krulle op haar skouers neertuimel. Kaggelvuurvlamme se lig teen die mure verdryf […]
Wilgerboom
Wilgerboom ( Plant ‘n boom in jou jonkheid dat jy In die ouderdom onder sy skaduwee kan sit) Ek is ‘n wilgerboom, ook ‘n treurwilger genoem bloot omdat my takke so slierterig hang maar waarom sou ek treur? Ek is gelukkig langs die stroompie en is daar ‘n rukkie droogte les ek my dors diep […]
DROMER
Stadig stap jy deur die lewe, droom van groot, droom van klein, maar soms droom jy daarvan vir die wêreld se pyn en lyding om te verdwyn, en dat mense mekaar meer sal vergewe. Droom jy weer jy staan op die verhoog, en sing jou hart uit, elke woordjie uit jou mond, wat soveel vir […]
‘N NUWE DAG
Rank die November son skelm vanuit die oseaan se wiegie op dros die nag se spoke tussen die grys beton geboue in en woer skelm verlede nag se ou geskeurde koerante soos uitgespalkte figure teen die see van bene vas; die mense haas voort met die son se gluur nog vars in hul oë en […]
herberg
herberg Oh, how I miss you tonight, miss you while lights are low… more than you’ll ever know…each moment, though we’re apart, you’re never out of my heart… but I’d rather be lonely, and wait for you only…Frank Sinatra vandag dink ek weer so erg aan jou waar ons tussen beton, ons vingers in mekaar […]
Vriendskap
Vriendskap is ‘n skat In die hemel se bank. saamwees tye Skitter elke dag. Met vriendskaps drade aanmekaargebind. Saam dink en doen, in more se onthou-jy-boks geplaas, In kuier tye blink gevryf en uit gehaal. Van vooraf word gelag Oor snaakse dinge saam gedoen. Pyn en seer die is gedeel. Om wonde te verbind, is […]