OP VRYE VOET
Olifant in die vertrek kolossaal is die probleem flenter stukke waar jy getrap het die pad van verwoesting agter jou en deur ons harte oor ons lewens die spore geëts leier van die trop afgedwaal en losgebreek het jy van jou pligte vergeet die kalfies by die koei gelos en voort gefoeter die duisternis in […]
dans van die reën
tip tap tip tap klein treetjies. druppels spat! dans en lag en knipoog vir my waar hul teen die glas af gly. tip tap tip tap skielik klink dit al te hard! diamante spring uit die hemelboog spring oor grasspriete kort en hoog. tap. tap. tip. tip. tog te gou verby, as die reënboog fluister: […]
Seer se 24-uur
Soos pyn deur sonlig dring, waai winterwolke voor jou vensters in en druppels twyfel rol rakelings by jou stil stem verby. Soos sonlig deur seerkry sny word winterwolke ‘n warm wolkombers, en ‘n spieel weerkaats tartend ‘n stillewe van gister. Soos laatmiddagson se hitte broei, word winterwolke skadus van die nag, en maanlig dartel klankloos […]
Gestrand
Moeggehuil staar ek leeg na wolke wat oor water sweef. Weggevoer deur stormwinde wat gister met seerkry deurweef. Hulpelose trane storm verby my laat my nog meer stry en hunker na toe jy nog hier was. En ek was bly. Gebroke glas; ek steeds gestrand aan die seerkrykant van my hart wat huil oor gister, […]
IN DIE DONKER
breek oor my die dag breek oop in my voor dagbreek die siel soek na lig ©HMellet
HEILIGE GROND
Die wind waai ons weg in onse baai, maar ons wil graag buite wees. Die oorskiet somerdae is min, dit weet ons. Ons moet die laaste warm sonskyndae ten volle benut. Dus ry ons in ’n rigting waar die wind minder sal wees, al dan nie windstil nie. So beland ons op die R45. Weerskante […]
ELKEEN HET SY EIE MAAT
Tortelduifie Pronk vir sy nooi Koer-koer My wyfie-lyfie Visarend roep roep na sy maat Vis! vis! My lief Vangs tot saans laat KOOR: Hoor ek toorwoorde Tokkelende akkoorde As die wind in die rietbos praat Elkeen het sy eie maat, sy eie maat Hadidas hadidas Skrilskelgeskree Pik saam-saam Aan paddapaljas Sonbesies skril-gil In die stilstaan […]
MONDAYS ARE NOT BLUE
MONDAYS ARE NOT BLUE Bring the sunshine Early morning Early morning The new day is due Dance in a trance Waltz in sunrays Happy happy days Today has come Good morning Good morning Good morning to you Mondays are not blue Today has come The new day is due Sing a joyful song Mondays are […]