Jellievis
ek het geword soos iets wat vrot jellievis losgeskeur van die naelstring van die see lȇ my naaktheid bloot ek het geen verweer teen die seer steeds nader oor die rande kruip honger wurm-ingewande om my vlees te verteer ek het geen exo-skelet om te keer nuuskieriges wat wil aanhou weet skerp stokke na my […]
Swart hond
kwyl-bek wag jy lag jy vir my ek hoor jou asem hortend ruik jou proe jou as ek rondrol in my slaap hoor ek hoe jy jou naels skerpgemaak uit die newels sluip jy nader ek hoor jou kettings sleep jy vly jou kruipend teen my aan jy is in my ingewande slagyster-vinger om my […]
In glas
ek swart vis tol om en om… nie meer deel van die groot geheel weggeruk uit die skoot van die see alleen en vergete swem ek verbete om-en-om in ‘n kring in die wanhoops-water van my wete niks kan my glas-tronk binnedring die mooi om my is vergete niemand kan my bevry die son sak […]
SY gal loop oor . . . ?
Hoor jy hulle kla in die nanag se koue of huil as die sonstrale hulle ontwyk? Kyk, gebonde met wanhoop se toue, is dit na Hom, na wie hulle uitreik! In die aangesig van dreigende gevaar, blind saam gebondel in die stille nag; weet hulle, Hy sal Hom by hulle skaar, terwyl die duiwel hulle […]
Eendaglelie
ek het bo alles bly glo dat jy wat so lief was vir die lewe sou groei sonder snoei ‘n volle leeftyd met jou takke wyd soos die majestueuse boom reuse teen die hang ek het gesmeek spaar haar… kon nie verstaan waarom jy moes gaan moes uiteindelik aanvaar jy is my eendaglelie jou waarde […]
Verlange
ek wens ek kan die koue weghou keer dat die yswind lêplek in my hart kom vind ek wens ek kan jou weer styf teen my hart vashou tot die ys smelt in blinkend waterstrome die wind huil binne my en buite die son skyn net in my drome my verlange woed oor die grys […]
Vriendin
jy wat my leed versag jou hand wat oor myne gly jou oë wat oor my streel as jy my pyn voel as jy sonder woorde weet wat ek bedoel jy is my asem jy laat my lag jy is helende balsem as ek in my seer verdwaal weet ek jy is daar dat voor […]
Masker
op pad uit in die buitelug sit tog op jou gesig die een wat lag en vrolik is jy gaan dit nodig kry gewis… januskop sit jou mombak op nuuskierige oë hou ou dop rooi-gehuilde oë agter brilglase verskuil so gaan jy blymoedig voort dood is lewe en lewe dood
Geloof
hangbrug van geradbraakte geloof gespan oor kloof van ongeloof hang aan drade van genade wankelend stukkend vasgevang in spinnerak bang hoop en wanhoop in my twyfel laat my telkens gly Here, gee my die geloof U pad te volg oor hierdie kloof gee my dag vir dag die krag een tree te neem op ‘n […]
My vriend, Fanie
Daar word tereg gesê dat ’n mens nie jou familie kan kies nie, maar jou vriende is jou eie keuse. Daarom is vriende so kosbaar, veral die wat by jou staan in tye van nood. Ek, Ragel, dink hard en diep. Ek doen vryskut werk vir ‘n plaaslike aanlyn koerant en hierdie week se tema […]