Dertien letters teen die blou
miskien, in die laatheid van die lente een oggend, in die vroegste môre-uur wyl eerste lig oor die wydste Karoo teen skamel gras en bossies vuur – dalk, net so neffens Beaufort-Wes waar koue klip tot gouebruin verkleur en lammers teenaan heiningdrade wei vind ek – per abuis – ‘n gompouveer en doop dit in […]
In die pyn-see van slagting
Haar asem snak deur haar moeӫ lyf voor sy ploffend neerslaan in haar vier spore dood Geskend Gemartel Verneder Onskuld verwronge Kan daar ooit regverdiging wees vir hom wat leeg is in die gees? Hy wat alles kom verniel is daar in hom ń reine siel? Iewers in die bos hardloop ‘n renoster wesie verskrik […]
Wakker of in Droomland?
Wakker of in Droomland Ek stap in ‘n kronkelende voetpaadjie en wonder struikelend oor die ongelykte is ek wakker of stap ek in droomland so soek- soek al verder en verder want iewers het ek die liefde verloor dis dalk in die vleiland se wit leliekelke maar vind niks en meander al verder voort Sjlof-sjlaf […]
Wat gewees het
Dooie koeie se gebeendere sleep ons aldag saam terwyl ou versteende wrokke soos loodmantels om ons nekke hang Geraamtes in ons kaste wat spottend vir ons lag Monsters onder katels wat in die donker wag… Energie vampiere teer op ons gemoed Die helleveeg se glure wat verwyte na ons spoeg! Spoke uit die verlede gool […]
Droogte
Droogte Vannag gaan hy weer oor die dorre droogte se skraps weiding wakkerlê en van die hinderlike nagtelike fyn skwiek-skwiek van die windpompwiel in die sterk wind – – – Soggens gou eers kyk in watter rigting die weerhaan windpompvlerk staan, maar dis weer westewind wat waai en seerste seer teleurstelling tref, maar gewaar vir […]
Blou hortjie seehuis
Lê jou lyf langs my neer Fluister vir my wat jou hart begeer By ons blou hortjie seehuis Wil jou hart toedraai in ‘n Bergtee-bossie serp My vingers sag streel oor jou nek Arbei druppels op jou lyf Smeer oor my lippe terwyl ek in jou oë wegdryf By ons blou hortjie seehuis Die wind […]
‘n Nuwe dag
‘n Nuwe dag Met sekelmaan is dit pikdonker maar die nag het nou sy swart mantel afgewerp en ek kyk deur deur die venster na sy laaste wasige lumiersluier en stoot die komberse van my lyf weg dis opstaantyd en swaai my bene uit die bed en hoor vir oulaas die werfherout met skel geskal […]
HARTS KLANKE
Die woorde is stom, die instrumente sonder wysie die bladmusiek skree luidkeels om openbaring van die hart se grootste simfonie tot vervelens toe deur die eeue herhaal die bladmusiek skree luidkeels om openbaring terwyl die note van my eie hart hul vorm kry tot vervelens toe deur die eeue herhaal liefde bely in die mooiste […]
‘n Vrou op vendusie
Sandra stoot die voordeur oop van haar tweeslaapkamer woonstel. Die plek ruik bedompig van heeldag se toestaan. Die woonstel is op die boonste verdieping van die gebou, een van vyf. Dit is reg in die middel geleë met vensters wat uitkyk in die gange en op die voordeure van die ander vier woonstelle. Hierdie plekkie […]
Bang bang
Jy is my hart se klop want ek is mal oor jou Bang-bang dis net jy….net jy Jy is ‘n engel in my hart se hemel jy is die geluk wat in my wemel Jy is die wind en storm wat deur vloei voel hoe klop dit klop net vir jou Koor: Jy is my […]