Slegs ‘n Lentereën
Slegs ‘n Lentetereën Na ‘n lang skeiding en uiteindelike weersien is ek skielik so oor oorstelp en stort vreugdetrane in blye omhelsing en elke vreugdetraan ‘n liefdesblyk op breë skouers in arms omvou – – – Daar is geen droefheid net pure vreugde en die trane slegs ‘n lentereën op ons hunkerende hartsvelde wat weer […]
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 7
HOOFSTUK 7 Die oggend sukkel die roepman nie om Tiny wakker te kry nie. Nadat hy klaar gemaak het en gegroet het vertrek hy met n lied in sy hart loko toe. By die loko kan hy nie vinnig genoeg in die roosterkantoor kom om verlof te vra nie maar kry hy n emmer koue […]
Anderkant die reënboog
My hart lê tussen tussen windpomp en klip beur uit soos ‘n diasy wat nooit vergeet – slinger soek vir ‘n laaste gevoel voor die droogte in sy eie stof verdrink en die voetpad na nêrens sy afdruk vermink. Dwarrel tussen kaalkop en kremetart wyl die son-spook stil verby my gaan en jou beeld soos […]
Alikreukel (klanknabootsing)
Na soveel jare sit sy weer in stilte met die hol skulp teen haar oor. Sy sluit haar oë. As sy die sagte suising van die see kan hoor sal soete klanke haar – soos tóé – bekoor. Die ~shhhhhh~shhhhhh~shhhhhh~ sal salige berusting bring. Maar vér verby die alikreukel fluistering, druisss die waters tot in […]
Vrypas
Vrypas Jy, my vreugde, my alles, my sonskyndag selfs deur wolkehemel het my hart onder beleg geplaas – – – Bou hoër die skanse en versterk die omheining, span die elektriese drade, sluit die ingange met grendels en slotte ek soek geen bevryding en is ‘n gewillige gevangene van my eie hartsvreugde oor jou aanblik […]
RESENSIE: In SOMER woon hy ONDER, die film
Resensie: In SOMER woon hy Onder ‘n Duitse bankiersfamilie het ‘n vakansiehuis naby die see in Suid-Frankreich. Hemel op aarde, sou mens sê. Ouboet, wat na Pa se dood in sy voetstappe loop, verbring reëlmatig twee weke van sy jaarlikse verlof hier. Kleinboet tel as dropout en woon oor die jaar hier, buiten die twee […]
Vreugde
Vreugde O, die sorgelose vreugdelag van die jonkheidsdae die lewe was een lang lentetyd met liefde altyd in die blom! Die jeugtyd is verby maar die hartsvreugde het gebly soms die lag met ‘n traan maar altyd het die son weer deurgebreek – – – Humorsin en patos meer verfynd, minder robuus, is die lag […]
Alles vir jou
Die windjie sing, ” Die Winter kom! Die Winter kom!” Al swaaiend, swaaiend jaagbaljaar dit stout En bring ‘n vroeë boodskap van die winter koud Alles wat ek sonder antwoord sê Wat so diep in my gedagtes lê Mag die silwere maan Wat die liefde verstaan, Met sy sysagte glans Op jou strale laat dans […]
‘n Porsie liefde
Blink is die naald in die lig van die kers waarmee ek brei aan ‘n verlange kombers En wanneer die maan verdwyn en die donker om my terg fladderhang rooi kolle in die maan se skyn ‘n Porsie liefde en ‘n skeppie met lag dit is die droom waarop ons almal wag Want blink is […]
My lelie
Dis Maart, my lelie en dit blom hier in die Kaap. Die eerste fynbostakkies het – sagpienk – aan die bloei geraak. En die vergeet-my-nietjies langs die dam weerkaats weer vrolik – in die blouste blou maar ék, my lelie verlang nog allie tyd . . . na jou. © Carma Shaw 24 Februarie 2017