Musikant
Groot swart lumen van jou pupil sluk my ritmies in op die maat van staccato Note lê kort asem versprei in die lyne van jou lyf My hand begelei die wysie in jou wese tot konvulsie simfonie bewend beëindig in siels harmonie Die liefde belei in mooiste klank se neurie
RESENSIE: Le Havre, die film
RESENSIE: Le Havre, die film ‘n Skeeps-vraghouer onderwegs na London word per abuis in ‘n Franse hawe afgelaai. Dit word na twee dae eers in die groot houerstapel ontdek omdat iemand ‘n kind hoor huil het. Dis naamlik vol swart mense uit Afrika wat onwettig in England hul geluk wou soek. As die slot stukkend […]
Die eggo van jou
Ek stuur vir jou ʼn goudgeel Wydoogblom uit die Cederberg die saffierblou lug iewers in die snikhete stilte die roep van die wind ek stuur vir jou die storie wat homself vertel teen die rooi krans gebergtes toe gekoevert die uitgestrekte dag wat op die oranje gloed van die aandlug wag dra my koevert met […]
Onverganklik Ewig
Onverganklik Ewig Die slaap wyk na die mooi operaprogram want die pragtige stemme se naklank draai nog in my kop, almal van divas reeds vort na die anderkant maar hul stemme bekoor ons steeds dog vir hoe lank eer hulle in vergetelheid versink, nuwe stemme betree die verhoë – – – Beroemde komponiste en sangers […]
„Die Film MEDITERRANEA Refugees welcome
Die Film MEDITERRANEA Refugees welcome „In hierdie intensiewe drama skilder die regissieur Jonas Carpignano [sê karpi-njano] in half-dokumentariese styl die noodlot van twee vlugtelinge wat uit Afrika na Europa kom en met die alledaagse rassisme konfronteer word.” So skryf Michael Meyns in FILMSTARTS. Hy sê verder dat Carpignano in sy werk die prinsiepe „Waaragtigheid en […]
Terugskouing
Terugskouing Eeuelank skree die meeue skor ons vier ons vryheid in helder bloulug, rotse en strande, met sappige swartmossels te verpletter op die rotse! Ek in terugskouing antwoord en skree saam in die koor van wind en weer met geruis van getye se eb en vloed hier waar ek op die rotse sit, neem hierdie […]
Soos ‘n reënboog (tanka)
Lig val teen kranse, breek, en koepel teen die blou. Sewe keer gebuig juig ek saam oor berg en dal in vonkel fotondanse. © C. Shaw 11 Februarie 2017
PASPOORT na DINGES
Paspoort na Dinges Sien, die ding is so: My seun het drie paspoorte: Dit wil sê, hy behóórt drie paspoorte te hê. Nou, natúúrlik behoort hy níé drie paspoorte te hê nie, niemand behoort meer as twee paspoorte te hê nie, is mos teen die wet. Teen die wet van aldrie lande. Maar hoe sal […]
Geld gewysig
‘n euwel in een se oog ‘n vreugde vir die ander sin die rykes het so baie die armes so min waar is die vloei in die? die rykes klou vas die armes word net armer waar is die balans? miskien het ons bietjie vloei nodig miskien gee n’ bietjie meer miskien kom dit dubbeld […]
Die Klap deur die Gesig
Die Klap deur die Gesig In die geregshof „u Word daarvan aangekla dat u hierdie kind in die gesig geslaan het. Het u iets om te sê?” „Dis my kleinseun, en terwyl ek op die lewwie was, het hy my koerant aan die brand gesteek…” „En dan het u hom in die gesig geslaan?…” „Nee, […]