‘n baie koel Februarie
van nou af oor ‘n maand teen hierdie tyd van die aand sal dit skemer wees . . . ek weet die son sal nog effe agter Tagelberg gloei en ek sal verstom wees oor die kleur van ‘n hemel wat so bloedloos kan bloei die populiere se blare sal nouliks nog hang en […]
DIE KLAAGLIED VAN ‘N WILGERBOOM
Ek ry vanmiddag weer verby waar jy gister nog in jou rouklaag wintersrok langs die opgedroogde klipdam koud gestaan het en wonder wat onder jou skurwe boombas pels deur die nag gebeur het om jou nou te sien in ‘n gehuurde groen blaar jas in die middagson getooi? Hoekom lyk jy nou so beswaard mismoedig […]
My Weduwee-gebed
Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se kop werk. Jy sien ‘n geleentheid […]
Dom vrae…of is dit?
Liewe Inkers, of Inkenaars, of Inkiete of watookal, ek het ‘n paar vrae aangaande planeet Ink: – Hoe laat weet ek ander Inkers dat ek ‘n nuwe publikasie gelaai het? – Hoe weet ek wanneer ‘n Inkiet wat ek volg, iets geplaas het? – Is daar dalk ‘n direkte skakel na Fb of Twitter ens.? […]
Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel dis alleenheid se asem wat oor my moeë liggaam blaas en my hoendervleis laat uitslaan. Alleenheid. Ek is nie eensaam nie ek verlang net na jou. Oë toe probeer ek jou voel probeer ek jou weer ruik. Ek weet jy is weg. Weg. Daai weg wat […]
Zambie kuier – 1
Dis ’n hele trek. Eers moet ek by die lughawe kom. Ek kan nie iemand vra om donker nag al op te staan om my betyds daar te kry vir die kwart-voor-ses vlug nie. Ek kan dit net nie oor my hart kry nie. Daarom bestel ek ’n ‘airport shuttle’ om my vieruur op te […]
Bosveldliefde
daar lê ‘n stilte in my hart se verlang na waar graskoppe wuiwend dans op die ritme van ‘n somerswind ver weg van stadsgeluide en klingende geld hier waar die dors van my siel ge-les word in savanna veld onder die geel kruin van ‘n Soetdoringboom iewers stil saam neurie aan die verdwaalde Wilger se […]
Die storie van my.
Ek het diamante in my hare en blomme in my oë. Daar is sterre in my lag … maar (ek dink) hulle het vergeet hoe om te blink. Daar is musiek in my loop, ’n gedig in my stem en die storie van my verlede kan gelees word op my vel. Daar is hoop in […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou […]
Tyd verstreke
Hy bewe en huil, hy soek na ‘n liefde wat by hom sal bly tot die bittereinde, die antwoorde en gevoelens ontwyk terwyl sy tyd besig is om te verstryk. Vasgevang in ‘n greep van ewige stilte bedink hy lewe, verstreke en vergete, en die vrae word al meer, al moeiliker, die stilte word al […]