Psalm 22 ( Die wildsbok van die dagbreek)
Brons afdeling Psalm 22 (Die Wildsbok van die dagbreek) Wildsbok jy staar alleen en kwyl groot-ogig deur die doringdraad na die spieëlbeeld van Sy Daeraad. Jou dors beur diep krete vanuit jou honger siel en los wreed sy merk voor die tafels van seën vir jou gedek. Wildsbok breek los uit die […]
Skuif ons Vader hemelsluise oop
In die gieter, kletterend, pletterend trane oor sinkdakke glinster druppels wat pietsend op droë grond neerplof in die bokspring van lewende wensens met dankbare harte word water gulsig opgeslurp deur dorstige opkrul krake breek plons druppels glinsterende spieël van damme wyl blare ritsel en ruisel onder gutsende druppels van plasreën wyl genadewater splitter, spletter en […]
“n Ou se U – draai
Brons afdeling ‘n Ou se U-draai Omte U-draai Kort ‘n ou “grip”, skoene met rubbersole, en ‘n pad van klip. Mannemoed slinger ‘n Wye Es oor ‘n ou se pynlike ervarings en leer ‘n duur les. Al knarsende oor die pad van klip; van hartseer en van rou skep ‘n ou momentum […]
vars
broos lyk ontwakende roos groen stingel se bloos doudruppel van nuwe lewe skugter ontwakende oog gister was jy nog klein onwerklike metamorfose kruip jy met kroonblare uit jou knoppie en tooi wêreld om jou rooi onskuld in oë wat nog ontdek wêreld se winkende prag maar ook sy drek wat oos […]
Rooi Stempel
in vele koppe versamel stories eers oorvertel in fabels toe verdoesel in doktors grade maar nou verkrygbaar in alle formate kopsweet word vasgevang in duistere dik leer boeke dan ingeploeg in leerlinge deur die eeue heen maar nou verkrygbaar in alle formate is die kennis strewe en die felle studie stryd die mensdom se grootheidswaan […]
Swaar Verby
dun vuil gesig smeek voor venters ongenadiglik blink vir verligting van die anderkant dit maak nie saak die bek eet net pap enige erkenning, of iets ! binnekant ń rooi geverfde bek haastig oppad na brood en botter werk die koue is verjaag deur binnemotor verhitting oopmaak is nou onmoontlik klinies word die wedersydse swaar […]
betyds
ouderwets is dit pyn wat jou vertel daar is iets verkeerd skielike indringende aanhoudende brandpyn jou liggaam aangepas by vandag se klimaat en drool maak gebruik van stokoue tafereel vir jou – medikasie operatiewe ingryp langdurend verdoof rus op die alkoof wag op uitslag op nog ‘n dag Ó Tearlach.
Handgemeen
onstoke skree en skiet ons skote digitaal beveilig vir ons spekskiet vertonings omring deur glas panele kraak die media granaat die kante is styf gepak elkeen het ń punt breek oop die rooi en versigtig pak die pitte uit ideologieë blits vining laai breine vol patrone maar druk, breek granate laat die glas in skrewe […]
Jesus se skemerskildery
met die dag wat sy nagklere aantrek sit ek hier in die geluide van die skemerte met ‘n glasie wyn afwagtend vir die nag wat gereed maak vir die nagsimfonie waar God met sy kwas kwistig in mengelmoeskleure teen die horison begin verf op sy doek die blou hemelse agtergrond streep Hy silwer en […]