Gewoontes
algemene kennis is gevorm in oertye geëts op tablette en toe verfyn in oorwoë filosofieë eie kennis is gebore uit voorvader bloedlyne toe jare uitgebou in daaglikse drome opgejaag deur ewige ontydige blase egoïstiese dade is gebaseer op geheuebanke verder aangevuur deur natuurdrange wat daagliks lukraak orals ontpop is dit waar of onsin nou en […]
Helmets up Goud 443 woorde
Claudine vleg die tou deur haar vingers. Links om, regs deur. Sy speel die video nou al vir die derde maal. How to… op youtube. Dan glip die punt deur die gat. Uiteindelik. ‘n Traan vlek die palm van haar hand. Dit is vandag presies ‘n jaar gelede. Die seer voel soos gister. Sy en […]
“ek is nie stoepid nie”
uit die kremetart kom soet water lewegewende vloeistof vir dorstiges . elk positiewe woord het oorlewende krag binne ‘n wêreld oorstelp met pynlike drag waar mopani se wortels kragtig groei word stompe hout in koolstof verbrand uit die soetste woordeskat kom bitter krag stuur net jou boodskap met ‘n selfsugtige […]
Verlore Bates
op blink lessenaar uitgestal lê die ontwikkelingsplan met groen parke, wye strate vir dier en mens is hier blyplek wys my net asb weer meneer die vier kamer uitleg vir vyf opgeskote kinders en gogo moet ook lê meneer in voorstad staan die erfdeel leeg na trek na nog ń beter plek daar bo meneer […]
meegevoel
ag siestog jammer om te verneem sy is darem nou op beter plek my gebede gaan met die famielie almal treur en drup trane saam tot die laaste cupcake leeg is die skottelgoed weg gepak elke voertuig vertrek net “ekke” bly oor wie gaan my troos my vriend hoe gaan dit nog hoe kry jy […]
Verbale ironie
jou skare van applous is niks anders as ’n holistiese samestelling van selfstandige- en byvoeglike naamwoorde ——-oo00oo——- ©Pieter Mostert
Spring Clean (Brons)
my huis se mure kreun en span en bult soos opgeblase wange weens die opgegaarde gemors van die rommelversamelaar extraordinaire stapels papiere tot teen die plafon hou register van vergeelde flaters hul hoeke gekrul en ink dalk verdof maar binne bereik met effektiwiteit wat nie eens dewey kan klop wasbalie tot barstens gestop met die […]
Prosopobiblion
regte-egte boere vriendelikheid kos niks soos jare verpand word met ouderdom volg elke nuwe gesiggie my terstonds telkens sien ek nuwe, varser gesiggies word ons vriende oor die wye-bene-net verseker is ons nie almal boesemvriende verseker dink ons nie almal dieselfde nie gedagtes, woorde en emosies vry gedeel oor […]