argaïsme
saggies soos nanag briesie fluister die kalm see sy wysie ja, dit is seker baie ou nuus, maar soos argaīsme gedagtes en woorde in ou wynsakke verouder so bring die golwe hul boodskap van rus en oneindige vrede wat winkend oor die stil strand vermurwe, in spierwit rollende skuim Ó Tearlach. […]
Verdiende loon (Goud)
alleen is ek net ‘n fragment van hierdie heelal; ‘n lasplek in die skakel van liefde en leed deur my dade bepaal ek my aandeel en betaal ek vir my lot o n s e k e r oor dít wat ek gee en dít wat ek neem en deur voorkeur beërwe ek mý verdiende […]
Verlies van ‘n ander soort
mense staan geliefdes af aan die dood ander groet deur ‘n egskeiding dan is daar die in finansiële nood of die met ‘n siekte tyding ‘n verlies waarvan min gepraat word is die verlies van die lewe wat sou gebeur ‘n verlies van iets wat kort ‘n verlies wat jou in stilte laat treur […]
Menslikheid (Brons)
(192 woorde) ‘Ek is tog net ‘n mens’ sal baie persone sê wanneer hulle ‘n fout begaan het. Die stelling is tog so waar, ons is nie perfek nie en ons maak foute. Waarom kan ons dít erken maar tog belaai ons ons gedagtes met ‘n skuldlas? Waar het die menslikheid nou heen verdwyn? Waarom […]
In skadu’s van skuld (SILWER)
In skadu’s van skuld Duister gedagtes bly dwaal op my spoor, ’n yswind wat bitsig in my kop blaas soos golwe wat gretig teen rotse raas – snydende swaard wat deur my vrede boor. Skuldlas wat klou soos nag in duisternis, verhinder die nuwe lig op die horison. Duister gedagtes dwaal op my spoor, ’n […]
opid
deur newels van ongekende pyn skeur gedagtes en verskyn duister drogbeelde wat sinne beroof van samesyn pyn wat skeur priemende sensasie onbeheersd ondooflike pyn ruggraatlose pyn bestaan ondermyn verdoof in wyn krakende pyngeluide rekkende geluide met elke strekbeweging kraak die pyn tussen elke werwel in ouderdom verwoes een newel lei tot […]
gene(rasie)
een van die beste rasies wat ek ooit geken het se naam was benno hy was ‘n bok vir sport enige okasie was net sy kos so gaan generasies van rasies by ons verby die een oortref die ander gee wilder danspassies meer gebare en geraas sweep sy gehoor op tot nuwe hoogtes […]
Hoesê, Moderator?
Hoesê, Moderator? Bylae 1 Die ontsluitende krag van ‘n treffende titel. Skrywers, anders as ander krygers, het beperkte pyle in die koker – die wapens in die arsenaal is streng gerantsoeneer en tóg moet ons verstaan dat die papieroorlog, waar die pen soms magtiger as die swaard is, ‘n werklike bydrae behoort (en kan) te […]
VERGIFNIS Aug Projek
VERGIFNIS AUG PROJEK Die Vader alleen het geweet: hoe moeilik dit sou wees vir die aardgebonde mens jou naaste lief te hê, te vergeef. Hy leer ons bid “ONSE VADER.” Hom te dank vir ons daaglikse brood hulp te vra in tye van nood VERGIFNIS? ’n Kontrak wat jy met God aangaan te […]