Ou Huis
my ou huis staan nogsteeds in ń Vrystaat grondstraat beton heuning afgebaken die eers nuwe straatnaamteken nou baie verdof die ou kombuis waar dikboud ouma eens gerondskarrel het om gister se skottelgoed vandag se boerekos staan nou leë oogkaste binne my lê vars jaarlikse tuiskomste die groet van kleintyd vriende sonder huidige rookskerms van vele […]
Eenvoud bring vreugde
Brons Eenvoud bring vreugde glimlaggend trek hulle kringe in die sand vriendskap vorm ń hegte band al sit hulle met lyfies geboë dans glimlaggies in ondeunde oë eenvoud bring vreugde in kinderharte murmureer nie oor gister se smarte donkerte belig met brandende kerse koue lyfies wikkel dieper onder wolkomberse ellende genadiglik bedek deur die […]
Bome Plant
in droë grond staan die takkies sonder hul swart jakkies langs die kruispad in droëveld verwaaide leraars bedrywige sakemanne gooi die boompies nat vir môre se mooi almal groei Jan Alleman staan nader om die tuinslang toe te druk kwaad oor dié nuwe groei
Vuil Beddegoed
ander se lakens van geniet en pret verlies en stort omvou ons in vuilgrys ander se goete versmoor ons drome benewel ons grysstof onder stinkende komberse slaap in eie beddegoed droom dan onbevange vervang dié beddegoed met eie witlakens
Getroue Stories
in groepies mense met langhare sit drie drie om skinder in die openbaar te beheer bewondering is die fabel een vertel ander weeg die verhaal teen eie interne liegstories tussen vals bravado en onsekerheid sit die waarheid hulle is 21 jaar getroud
Wedren
petrol vuur met krag staalskagte skiet op en af bler met groot geraas kondig die wedren wegspring tyd aan ek draai weg na digte populier bos hier is geen beamptes wat wedrenne beheer die stilte oordonder maar staalfietse ken geen perk of baan en skiet op my af verskeur my stil domain die bos is […]
Vreesloos
die voordeur hang half toe voor donker gang met geen verwelkomings vloer waar muurgate lig op stofdeeltjies laat binne dryf ń koue ril langs ruggraat af ontbloot skadu geëts teen skemer witvaal muur met gebalde vuis ń dominee kamer is betree die oortredings straf is rouvrees ń mal hart hardloop wilde spiere span die sonder […]
Kinders van tegnologie
(Woordtelling : 1379) Generasie Alpha. Die geslag gebore tussen 2010 en 2024, kinders van die tegnologiese eeu. Die benaming is die voorstelling van ʼn nuwe begin en om nie terug te keer na die ou gebruike of lewenswyses nie. Hierdie is die eerste generasie waarvan almal in die 21e eeu gebore is, met geen […]
Verhoog Verneuk
konserte speel op vele verhoë vir diverse gehore maar altyd op vloere, in swart uitgeverf loket koket verkwansel kaartjies vir staar en hoop vir ń lekkertyd, op ń rooi sitplek oë beloor naby bure, veraf bekendes met vreemde klere keuses soek redes vir hul sitvlakke, in dié bont gehoor skemer dal ligte skyn helder oë […]