tempora
gedagtes is die verfkwas van woorde woorde wat sinne maak in gedigte en strofes kragtige geskiedkundige woorde wat immergroen deur eeue se geskiedenis woed in mensegemoed woorde met net die regte mengsel en krag wat vassteek in kulture en ideologieë weerklinkende waarhede geskilder op die verfesels van kunstenaars ewig gevestig in die breinselle […]
Die kêrel wat harte laat roer
Die Kêrel wat Harte Laat Roer Op sy eie leef hy vry, hou van stilte en sy boerdery. Nooiens kom en gaan, probeer hul bes om saam met hom voor die kansel te staan. Komplimente gee hy graag. Hy glo vrouens moet dit hoor, en mans is, wat dit betref, bietjie traag. Daar is wel […]
Wanneer die Pop dans
Wanneer die Pop Dans Die nooi van Mooifontein laat elke boertjie se hart bokspring. Bedags boer sy met pampoene en lemoene, daar agter die draai by ou Gert met sy kalkoene. Bedags dra sy vellies en kortbroek, hare vasgepen, maar saans sal jy haar beslis nooit herken. Met haar hare los gekrul dra sy rokkies […]
Gister sal altyd ry op more se rug
Gister sal Altyd Ry op Môre se Rug Pieter Gerber, die jongste van vier, bly teen die rivier, by die huis met die klipmuur. In die week sit ons en drink ‘n koue bier. Sy groot hande vryf oor sy gesig, en krap sy donker krulle nog meer deurmekaar. Hy praat, of dalk is dit […]
na wat was
ysig waai die wind en sny deur die golwe wat storm oor die wit sand duine op spore van skuim en skulp so wyd lê die diep blou see dat die horison daarin duik verre skepe verberg in mis wolke opslurp in diepe uitsig daaronder staan hy op ’n duin verdwerg […]
blindelings
om midde in die wêreld te leef verg deesdae ’n klakkelose bestaan staan op, gaan werk toe, kom huistoe tussen eet en werk, drink en slaap, net leef hoeveel mense gebruik eie oordeel sinvol hoeveel mense beplan hul lewens ten spyte van die wêreld se stres en sleur lewe jy kritiekloos onnadenkend bloots […]
Brief van die wind
Brief van die Wind Saggies het ek geblaas om jou aandag te kry. Jy het my vermy. ‘n Koel bries vanuit die weste het ek gebring. Ek het my bes probeer dat jy sou voel dat ek jou omring. Hitte uit die Ooste het ek gebring. Steeds kon jy my teenwoordigheid net nie voel nie. […]
Ou liefde roes nooit
Ou Liefde Roes Nooit Hy was iets en twintig, nog klam agter die ore. Sy nog bloedjonk, pas klaar met skool. By die basaar het hulle ontmoet, by die poedingtafel, kan hulle steeds vandag onthou. Bruid van agt-en-sewentig, is sy geseënd, want aan haar sy staan haar gom al baie jare lank. Sou hulle eendag […]
Rooi Koos se kwas
Rooi Koos se Kwas Net onder die heuwel, net ná die spruit, het hy gewoon. Sy kuns het nie sy gebrek gestuit nie. Al was ou Koos dalk stom, kon hy praat deur sy skilderwerk. Die nooiens van die geweste het na die kêrel gevry, maar hy het hulle beleefd verbygewys. Sagte blou oë vertel […]
Die Raad van die Sandbome besluit op ’n naam
Lank gelede, voordat daar paaie, heinings en dorpe was, was daar net duine. Die rooi sand het soos golwe tot teen die horison gerol. In daardie sand het die bome en plante soos ou wagters gestaan, elkeen met ’n stem en ’n wysheid van sy eie. Een aand, toe die sekelmaan soos ‘n bleek kalbas […]