en toe
oujaar se aand het heengegaan in rook, gebars en geknal al wat hond en kat is verward stilletjies ingeskryf in lewensboek my duin in duisternis omhul sonder enige geprul was dit verby en toe was jy daar die nuwe kwarteeu se eerste jaar wat sal jy vir ons aardlinge baar © Tearlach. […]
Supermaan (Silwer)
ʼn vuilsilwer strandbal huiwer oor die horison aan die bopunt van porterfieldstraat skynbaar skeenhoogte, slaggereed om teen die steilte af te bons tot konsternasie van swenkende voertuie en verontwaardigde vakansiegangers maar vir nou hang die strandbal onmoontlik stil in gestolde tyd miskien pronkend vir insta-waardige foto’s miskien peinsend oor hoe Kepler en Newton die oomblik […]
houbaar
aanhouer wen dit lê in murg en been uithou en aanhou tot dit oor is die laaste pylvak in sig met asem wat hortent saamtrek na oefening die ou are wat verbrokkelend kraak allerhande voorspooksels wat verskyn gevoelens wat spook soms onrein vergewe en vergeet is moeiliker as aanvaarding van verandering wat enigste […]
senuagtig
oor my duin hang mis al die gisters speel verby soos misgordyn weer verdwyn in vlae kom die miswaaiers oor verduister vensters van mộre ouderdom bring wysheid daarom soms meer lig as net ewige duister deur tyd kom sonlig terug skyn oor my duin se kim skeute van sonstrale wat donker plekke ontbloot […]
die grootste Kersgeskenk (SILWER)
onder ‘n groot groen boom met flikkerende liggies kleurvol hul weerkaatsing op kindergesiggies pryk geskenke keurig toegedraai ‘n kaleidoskoop van kleure waaroor ieder gis en raai maar eens was daar ‘n moeder wat aan die Redder lewe moes skenk ‘n babaseuntjie fraai wie vir ons sonde moes sterf sodat ons die ewige lewe kan […]
Kersfees (SILWER)
Klingelende klokkies En skitterblink tinsel Rooi en groen liggies Skep ‘n feestelike atmosfeer Fillipense 4 vers 4 gestand gedoen Ek verbly my in U, o Heer En kom my dank betuig vir nog ‘n Somerkersfees deur U geboorte verseker
geraam (Goud)
die wolke hang skaars ‘n dagreis ver dáár waar die slanke treurwilgers lui swiep-en-teug uit die dam waarlangs hul staan en opslagboompies ‘n entjie verder met alle mag beur om ‘n erosiesloot te ontgroei dáár nestel tweeling rotse langs mekaar netjies, soos ‘n volronde boesem en hul is soos die bome …aardgebonde, maar […]
[BRONS] Daldykan Reka
Daldykan Reka Huilend waai die winde, middeweg versmoor,blind van ellende, lopend, aangehoor.Daldykan rivier in jou rooiste kleed,kronkelend, Gods’ guns loop jy onder eed. *** Vloeiend deur Rusland van Wes tot Oos bekoor,hidrologies word water dronk en getoor.Verdoeselende stroom van verre wyd en syd,nikkel dronk word gif in jou wand gesmyt. *** Teen hakskeen en kop […]
[BRONS] HELIANTHUS 137.5
Digvorm: Villanelle HELIANTHUS 137.5 die goue hoek rangskik noukeurig mooi in die sonneblom sirkel-siel-verkwik ‘n spiraal partroon op sirkel gestrooi *** word groei-saad elkeen sindelik voltooi in die mooiste gewaad geest’lik geskik die goue hoek rangskik noukeurig mooi *** een-drie-sewe punt vyf grade ontplooi die goue hoek van die sade rangskik ‘n spiraal partroon op […]
skrywersblok (brons)
gedagtes soos wasgoed in die wind bly wapper sonder woorde _ as my potlood hul wil vaskeer bly elkeen hom ontglip en waai die woorde weg waar ek hul nie kan vind dan smaak my stories laf _ futloos nes vaal tee © Rika Gerryts