In ewig lig (Goud)
Die UVU se lowergroen is gevul met studentesang, spierwit pette sweef soos seemeeue oor die see, jonges spring, hande gryp – hul wil so graag een vang, Charlie glimlag en doen aan die pret gewillig mee. Toe die geruis bedaar, wag hy vir die vrae – kalm, sy stem dra helder, soos klokke oor die […]
agter
agter my duin skyn sonstrale fyn swart suid-ooster vennyn aldus die verdoeselde pyn braak nastergal oor my waar ek sit en tuur na die golwe se guur sondvloed reënboog verskyn in misgordyn wat oerbelofte versterk die moed in my bewerk dat dae wat nog kom sandkorrels sal pas oor windslote se skag […]
wek
die roep kom wyd van kinders tot volwassenes dringend basuin dit uit oor eter groei die besef van dringende intensiewe ontledende ondersoek tot waarheid mense van oor wêreld maak aanames van rampe aardbewings, oorloë en verdriet harte wil gaan staan in afwagting kampe voor en kampe teen ontstaan in riële ritme maar […]
Die egpaar
Haar liggaam is ‘n vallei waar hy in anargie baklei soos storms (oop)skeur, sy hart dra geen verweer waar hy in anargie baklei bedaar sy hom in haar oeuvre sy hart dra geen verweer, in konfessies wat sy bedaar sy hom in haar oeuvre soos storms (oop)skeur in konfessies wat sy haar liggaam is ‘n […]
toedels
toedeldie-toedelda die hond jaag ‘n kat donkie byt ‘n jakhals skapies wei saggies toedeldie-toedelda buurman olie sy kar buurvrou kook konfyt wit huisies lê verlate toedeldie-toedelda golwe jaag mekaar eensame meeu sweef bo my duin in vrede toedeldie-toedelda as dinge nie verander bly dit mos soos dit is gister is […]
Snags
Gisteraand het ons gedroom (s)katkiste en vismanne, seerowers-viking fokkers- hier om als om-te-dompel soos chiruge op ‘n operasie tafel, maar in realiteit… val ons, vanuit ‘n ontwapende kapabel; dat ons nes miere- geheg is aan ‘n stroom normaliteit wat sif tussen orde en anargie. Goueklas ©Morné du Preez
Brief vir Antie Stienie (Liegstorie)
Liewe Stienie Ai Stienie, ek weet dis vir jou eie beswil vir jou om by Leanatjie te bly, maar ek mis jou vreeslik. Ek hoop jou heuppotjie is gou weer sterk dat jy kan terugkom huistoe. Elke oggend as ek uitgaan sien my gedagtes jou daarop die stoep, sigaretjie in die hand. Ek waai maar […]