Die nuwe normaal (Silwer 582 woorde)
Iets wat mens nogal deesdae gereeld hoor, is: “As alles weer normaal is …” of “Noudat alles weer normaal begin raak …” of “Die nuwe normaal is …” Nou wonder ek, wat word beskou met “normaal”? Die HAT beskryf die woord “normaal” as “Volgens die (gestelde, aanvaarde) norm; reëlmatig, gewoon, volgens die reël.) “Normaal” is […]
Die lewe se mooi (Silwer 522 woorde)
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
‘n Pleidooi
‘n Pleidooi (962 woorde) Hou jy daarvan om ‘n sundowner op ‘n Kalahariduin te drink terwyl jy jou tone diep in die rooi sand inboor? En hou jy daarvan om wintermaande vir jou ‘n paar vet springbokke te kom skiet wat in die strate tussen die duine wei? Of dalk hou jy van ‘n skaapribbetjie […]
Die beste medisyne!
Die beste medisyne! Volgens navorsers is ʼn goeie lagbui nie net goed om die stres te verlig nie, maar kan dit jou immuniteit ʼn goeie hupstoot gee en jou pyne ligter maak. Dit laat my dink aan Salomo wat vreugde aanbeveel in die Bybel. “Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens […]
Skatte uit my onthoukissie (Silwer 445 woorde)
Dit was ‘n sonnige Saterdag. ‘n Somersdag ideaal vir saamkuier en piekniek onder koeltebome. Reëlings is getref, kosmandjies vol versnapperings gepak, en die tyd vir ontmoeting by Wonderwaters se Waterpark afgespreek. Die ideale plek vir ons vroue om ‘n blaaskans te kry, bietjie op te vang oor wat in almal se lewens aangaan, en sommer […]
SWART en WIT, TEE of KOFFIE*
SWART en WIT – KOFFIE of TEE In Oosterryk kry mens nêrens in ‘n kafee of restourant koffie (Caffee) nie. Dis waar! Oral kan jy Cappucino, Espresso (sonder x), Macciato, Latte, ‘n großer Braune (groot bruine), ‘n Vierspänner en wie-weet-watse-ander-soorte bestel Net nie koffie nie — in die land waar waarskynlik die meeste koffie per […]
“Boek-loer” toetse.
“Boek-loer” toetse. As ek terugdink aan die skool- en universiteitsdae van my kinders, roep die woorde: “Ma, ek moet môre ʼn groot toets skryf”, sekere beelde in my herinnering op. Daar word deeglik beplan en ʼn rooster gemaak om doodseker te maak dat daar genoeg tyd is om die magdom inligting onder die knie te […]
Toe nie met oop oë gebore nie!
(Woordtelling 1304) Dit is darem verstommend dat selfs al het jy reeds oor die lewe se halflyn-strepie geglip, jy nog steeds onontginde talente kan ontdek. Mens sou tog dink dat jy teen hierdie tyd weet wie en wat jy is en waarin jy uitblink of nie. Aanvanklik het ek gedink April Fool’s Day het hierdie […]
Lewenslesse uit Ouma se spens (Silwer – 700 woorde)
Ouma se spens was ‘n heiligdom van smullekker versoekings wat my menigte maal in die moeilikheid laat beland het. ‘n Verbode terrein vir kinders, maar ‘n lushof vol geure en kleure waaruit ek selde kon wegbly. Die melkkan vol gedroogte perskes was by verre my gunsteling. Ek kon my ook verkyk aan die rakke vol […]
Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie. (SILWER)
Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie. Die mens kan so baie emosies ervaar, waarvan liefde seker een van die mees intense emosies is. As ons maar net kyk na aanlyn-media en leesstof wat in boekwinkels beskikbaar is, sal jy baie gou agterkom dat daar talle boeke is wat […]