Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2017 projek – Ope projek(Bladsy 2)

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

Die meeste van ons het al die advertensie gesien waar ’n sekere winkel ’n spesifieke pan adverteer. Dit is ’n ongelooflike pan wat die pannekoeke so lig soos veertjies laat omdraai. ’n Pan wat jy sommer met kombuispapier kan uitvee en weer gebruik. ’n Pan wat ’n nuwe lagie Teflon by die fabriek kry wanneer […]

Sy post prentjies op haar timeline purper, pers en pruimframboos – elke foto het ‘n blompot elke blompot het ‘n roos. Soms staar sy net deur ruite oor ‘n kuspad, na die see. Soms ruik sy net die soutwind en die witmis wat stil oor Valsbaaistrande vee – totdat lankal-koue koffie haar uit drome laat […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed