Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2017 projek – Ope projek(Bladsy 3)

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

Opwinding en afwagting was duidelik op hul gesiggies te sien toe hulle die klokkie by die hek druk. Vir die komende vakansie wou hulle geld insamel. Die feit dat leerlinge geld insamel, was nie vir haar vreemd nie. Daar was altyd skooltoere of sporttoernooie wat ’n sakgeldjie vereis het. Hul eie kinders het ook al […]

Op die oog af het sy baie gemakliker as die ander stappers in die groep gestap. Dit het gelyk asof daar geen inspanning van haar kant af nodig was nie. So ver as wat sy gestap het, het sy gesels en selfs met haar hande beduie. Ná 5 km het die res van die groep […]

êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed