Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2024 – SKULDLAS projek(Bladsy 5)

Beste INKers

Die “verfrissende” winter steek steeds sy tentakels uit, maar ek vertrou dat die deelname aan die projekte ‘n warmte bring in ons Afrikaanse siele.

Hierdie maand ondersoek ons die onderwerp: “Skuldlas”.

Dit is nie noodwendig finansieel nie, maar kan enige vorm van skuld aanneem. Soms voel ons skuldig oor kanse wat verbeur is, take wat nie afgehandel is nie, of bloot net omdat die geleenthede om lief te hê nie beantwoord is nie. Gebruik die tema en behandel jou interpretasie daarvan in welke genre ookal.

Ek maak geen verdere reëls nie, en vertrou dat die tema genoegsaam is om jul skitterwerk te inspireer.

Ek wil wel meld; September gaan ‘n oop tema wees, maar in Oktober gaan die opdrag baie streng genre-spesifiek wees aangesien ons lanklaas rigied deelgeneem het.

Ek vertrou die onderwerp sal juwele lewer.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Groete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

JAMMER                                                              AUG  PROJEK   Jammer:-’n dom woord… ek maak jou so seer die pyn in jou wasig blou oë sal my verteer wens ek kon my jammersalf daaraan smeer die gebroke rif tussen ons weer te heel.   Ergste van al’s is ekself veroorsaak die rif!   Bied my tog’n sluk van jou vergifnis wyn […]

SKULDLAS                          AUG  PROJEK Marthie Joubert Hoe kon sy! Wat het haar besiel? sug Melanie Maree. Haar skuldlas hang soos ’n swaar staaltjalie om haar skouers vir die afgelope vyf en twintig jaar al; ’n las wat sy nie kan afskud nie, want sy kyk elke dag in die oë van die gevolge van haar daad. […]

Hoe ontstaan skuld? Ek praat nie van finansiële-, statutêre- of persoonlike skuld, wat mense tydens hul lewe aan mekkaar, of aan die een of ander instansie verskuldig is nie. Hierdie rubriek handel oor persoonlike skuld wat op die emosionele vlak van elke mens se lewe geleë is. Hoe doen ’n mens sodanige emosionele skuldlas op? […]

Maandtema: Augustus, skuldlas. Sinkretisme die kousaliteit van afrikanerskap se neksus neig van nature na negatiwiteit na drie dekades van selfverwyt oor ons nasionale idolatrie se nalatenskap en van volkshelde wat met vuil vroetelvoete onvas waggel in modder en klei en ons met volksgodsdiens mislei t’wyl sestienjarige snotkop seuns met sproete hul enkelmammas boks en baklei […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed