Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2024 – OOP projek(Bladsy 2)

Beste INKers

So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele sal wees wat nooit oorwinning of nederlaag geken het nie” *.

Hierdie maand is die PROJEK totaal OOP en SONDER ENIGE VOORSKRIFTE.
Konvensionele voorskrifte soos spelling en taalversorging geld egter steeds.

Maak jou skrywershart, in jou eie stem, op jou eie pas en teen jou eie teiken, leeg.

Voortreflike mense skryf in Afrikaans! Innoverende skrywers doen dit, sonder skaamkry of swaarkry tot hul dit klaarkry, in AFRIKAANS.

Lekker skryf.

Skeppende groete
PROJEKBESTUURDER

*Parafrase (vryvertaal) T. Roosevelt “Man in the arena”

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

‘n Vader se teenwoordigheid in ‘n kind se lewe speel ‘n onbetwisbare rol in sy of haar algehele ontwikkeling en welstand. Hierdie bydrae is nie net beperk tot die fisiese teenwoordigheid van ‘n manlike figuur nie, maar strek oor na die emosionele, sosiale en kognitiewe dimensies van ‘n kind se lewe. Tyd en aanwesigheid:  Een […]

DIT WAS GOED (Met dank aan TT CLOETE) Ek het die leë jogurtbakkies met water gevul met malvablomme, met laventeltakkies, kappertjies geel en laggend oranje, met kers- en tjokkabootliggies tafel gedek. Ek het die langsteelglas met mooiste servet vir wyn Chapel Red die tafel met skaapboud en slaaie bedek. En dit was goed.  Baie goed. […]

hy’s in verset teen haar alleendors koud teen haar klipfonteine in haar bitterwaterwêreld sonder hom sy liggie skyn vergeteflou in sy sonversaakte vakuum verbete soos ‘n herfsvergane blom sy vredes tuimel halsoorkop soos ‘n veertjie in die wind swymelend ligswewend sonder sin in die halflig reik sy roephande soos rankende laat skadu’s om sy liefde […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed