Jongste aktiwiteit:

ProjekteJulie 2022 Wat skryf ek projek(Bladsy 3)

 

 

Beste INKers

In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom.

Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is.

DIGTERS:
1. Skryf ‘n Persiese kwatryn.
2. Geen spesifieke tema nie.

MENINGSTUK (VOORHEEN GORREL)
1. Gee jou mening oor die kontroversie wat tans afspeel rondom die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument.
2. Meld jou woordtelling.

RUBRIEKE
1. Verdedig die standpunt: “Afrikaans is ‘n lewendige, vernuwende taal.”
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.

ARTIKELS
1. Skryf ‘n artikel oor die invloed van organisasies en die rol wat hulle speel as kampvegters vir moedertaal onderrig.
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou bronne van navorsing.
4. Meld jou woordtelling.

VERHALE
1. Skryf ‘n komiese verhaal oor ‘n gebeurtenis in ‘n klaskamer.
2. Nie meer as 1000 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.

Skryf lekker.
Prjoekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat ons taal, Afrikaans tot nadeel kritiseer. Verwysend na die oorweging om die “Afrikaanse Taalmonument” te hernoem. Die museum is dan juis opgebou op die fondasie van Afrikaans en bied van toekatyd insiggewende byeenkomste vir Afrikaanse Taalliefhebbers wat groot belangstelling in ons taal toon. Om […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed