Jongste aktiwiteit:

ProjekteJulie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek(Bladsy 4)

 

Beste INKers

Oop Skryfprojek: “Skaduwees van Tyd”

Ons nooi julle uit om deel te neem aan ’n opwindende oop skryfprojek waar julle verbeelding die enigste grens is! Alhoewel dit hierdie maand “Oop”is, het ek tog gedink om `n tema te koppel.

Ons soek oorspronklike werke in die volgende kategorieë:
Gedigte
Prosa
Kortverhale

Tema: Skaduwees van Tyd
Tyd laat sy merk op alles – van vervaagde voetspore in die sand tot die stories wat ons in ons harte dra. Wat beteken tyd vir jou? Is dit ’n verbygaande oomblik, ’n ewige siklus, of ’n skaduwee wat oor die verlede, hede of toekoms val?
Ons laat die interpretasie heeltemal aan jou oor.
Of jy nou skryf oor nostalgie, hoop, verlies, of die raaisels van die kosmos, ons wil jou unieke stem hoor.

Geen voorskrifte oor styl, toon of genre nie – wees vry om te eksperimenteer!

Werke moet oorspronklik wees en nie voorheen gepubliseer wees nie.

Geen woordlimiet vir prosa of kortverhale nie, maar hou kortverhale binne ’n redelike lengte (nie meer as 2000 nie).

 

Gedigte kan enige lengte of vorm wees.

 

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

 

Skryfgroete

Projekbestuurder.

 

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Deur soek-soek te ry, het jy daarop afgekom. Weggesteek in ‘n half industriële gebied, tussen ‘n paar ou huise, het die onverwagse helder kersfees-liggies jou in die donker verwelkom. By die klein restaurantjie het ‘n Italiaanse gesin jou hartlik binnegenooi en ‘n bordjie met ‘n paar snye brood voor jou neergesit. Komende uit ‘n familie […]

In die dae toe die wind nog die Kalahari se geheime gefluister het, het ’n wyse ou Boesman met die naam Gwe, alleen onder ’n reuse ou kameeldoringboom gesit. Die naam Gwe, beteken ‘die een wat terugkeer’. Gwe het die maan verteenwoordig. Kaggen, die bedrieër-god wat in die gedaantes van ’n verkleurmannetjie, ystervark, mantis, slang […]

Binne die leefwêreld van die Kalahari-San is tyd nie iets lineêr of abstrak nie, maar ’n beliggaamde ervaring, geanker in grond, klip, rituele, mites en storievertelling. Skadu’s van die tydspoor verwys na die onsigbare, maar sigbaar-makende teenwoordigheid van ervarings, herinneringe en trauma wat aan mense en plekke kleef. Hierdie artikel is ’n kursoriese oorsig van […]

Hoe en wanneer het tyd ontstaan? En skaduwee? Hierdie vrae lê aan die kern van ons bestaan. Na my beskeie mening, binne die grense van die kosmologie, metafisika en die godsdiens, (geloof). Die ontstaan van tyd is nie bloot ’n meetbare astronomiese oomblik nie, maar ’n werklikheid waaruit orde, lig én bewussyn voortgevloei het. Gideon […]

Wat is skadu’s van tyd? Of moet ons eerder praat van tydspore? Wat is die aard daarvan in die menslike lewe? Skadu’s is die onuitwisbare naloop van ervaring. Hulle dra ongetwyfeld by tot vorming van die menslike bewussyn en identiteit asook sy interaksie met die wêreld en sy geskiedenis. In hierdie artikel word die konsep […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed