Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember 2018 projek(Bladsy 3)

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Vereeniging is geleë in die Vaaldriehoek. Met omliggende riviere wat in ‘n Noordelike rigting, in die Vaal rivier inloop. In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as nywerheidsentrum vir steenkool, meulbedrywighede, teëlvervaardiging en vele meer …‘n Vinnige spring terug na die geskiedenis: Boerepatriotte vertrek na Vereeniging om die vyand daar uitmekaar te skiet … Die […]

Met heimwee dink ek terug aan n besondere plek, Waar berge hoog troon en ‘n dorpie bedek. ‘n Plekkie in die bosveld, waar natuur jou omring, Waar sonbesies die lof van temperatuur besing. Waar ‘n briessie koue wind kortstondig verskyning maak omdat hitte oorheersend homself teen die aardkors wraak. Die reuk van bosveld wat deur […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed