Die onsigbare band.
Die onsigbare band. Die wêreld om ons is deurtrek van geluide: die wind wat suis deur die bome, die gekwetter van voëls, die geluid van die stadslewe. Orals om ons sweef die note op die wieke van die wind. Maar daar is ook ander musiek wat ons dikwels doelbewus gaan soek, nie net om […]
Goue draad tussen musiek en gemoedstoestand.
Goue draad tussen musiek en gemoedstoestand. Daar bestaan ‘n universele taal wat deur alle grense breek, diep emosies ontlok en hartsnare roer. Elke mens kan aan ‘n spesifieke liedjie dink wat herinneringe oproep of selfs ‘n spesifieke gemoedstoestand by hulle veroorsaak. Het jy al gewonder waarom dit so is dat sommige note en ritmes soveel […]
Ozzy, Rocco of Strauss?
(Woordtelling : 836) Musiek kan my soms tot trane dryf – letterlik. Of dit altyd goeie trane is, is debatteerbaar, want party genres het die vermoë om my moer-knoppie deeglik blink te vryf. Die eentonigheid van Rap is so … ugh. Maar ons noem dit musiek, en soms selfs Afrikaans! Grrr. Wanneer dit klink […]
‘n Les uit die “Lied van die lewe”
‘n Les uit die “Lied Van Die Lewe” Musiek is allermins ‘n reeks van note en woorde, maar veel eerder ‘n venster na die siel van die mens. Musiek besit die krag om my diepste gevoelens, vrese, drome en herinnering uit te beeld. Een van die liedere wat altyd met my resoneer, is Gé Korsten […]
Die roerende resonansie van Skipskop.
Die roerende resonansie van Skipskop. Ek was maar nog ʼn jong, langbeen meisiekind wat met verwondering na die wêreld gekyk het toe ek hierdie lied die eerste keer gehoor het. As ʼn skaam, teruggetrokke kind het ek my dikwels tot musiek se geselskap gewend. Musiek was vir my ʼn groot bron van vreugde en […]
Musiek & liriek (silwer)
In ‘n liedjie van verlange reik my hande uit na jou maar dis net skimme uit vergange wat my in melankolie toevou want die stilte tussen ons is oorverdowend koud hier waar harte eens duet het sonder seer of voorbehoud in die dryfsand van herinnering onthou ek nogmaals hoe die trane op my wange bittersoet […]
blyspel (SILWER)
blyspel in die fleur van ons lewens op die vooraand van ons repertoire het jy besluit om ons bladmusiek se toon te verander ruimte tussen ons so wyd en my hart roep na jou jy het verdwyn soos skaduwee in die donker die melodie van jou lag klingelklok in my kop die note sterf weg […]
musiek se fluistering (SILWER)
musiek se fluistering waar stilte en klank hand aan hand dans met klankweef van snare en note wat val, spoel klanke soos golwe, vloeiend en lig melodieë wat sweef op vlerke van die wind wanneer die dag sy laaste lig laat skyn is dit musiek se note wat sag nader gly in ritme van die […]
Huiwering
was ek maar ’n stuk poësie in liedtekste omskep om vir die voëls voor te dra sou mossies dalk die note sing nou waai my gedagtes rond is ek stom en kan nie praat nie seer gee geboorte aan ‘n stem want my siel hunker om soos musiek te wees tog ontdek ek […]
DIGTERS KLAAGLIED (goud)
As jy die suiwer klanke van sy lied sou verstaan sal jy ook harmonieer met wat in sy siel aangaan selfs in die kaalheid van hierdie skugter kwatryn verfyn my pen die sirkel van sy mensbestaan. Saans luister ek na sy soet stem ver verby die nanag tot skuins voor die lig van nog […]