Troos en soet
Geluk is nie net geskenkpakkies dit is die geskenk wat jy vir ander is! soms het die lewe gebreekte takkies maar dit verander nie ‘n boom in ‘n jelly vis Daar is niks wat die rustigheid en vrede, van ‘n rivier steur dit is ‘n sielerus wat oor jou spoel om ‘n sonsondergang te waardeer […]
Geloof, Hoop en Liefde
Geloof, Hoop en Liefde Eendag sal ons verstaan vir nou het ons Geesgedrewe Geloof waarop ons vas moet staan al voel dit God is doof. Eendag sal ons alles weet vir nou het ons helende heilige Hoop al voel ons soms deur God vergeet sal ons Sy pad bly loop. Eendag sal ons alles ken […]
Gedagtes langs die pad
Vir die hoeveelste keer wat ek met die pad ry waai ‘n tarentaal se veer verby my Die son sak en verlange verdrink saam met hom in die oranjerooi gange tyd gaan so vinnig om Dwaal my oë oor die vlaktes en ek wonder met heimweë gedagtes in hierdie sononder Waarom voel ek in gister, […]
Waters van rus
Waters van rus Kom vat my hand en lei my tot waar waters van rus na my siel toe roep en ons sy aan sy in vrede se stilte wroeging uit kan blus lei my tot waar die piet my vrou en die nagtegaal se melodie my hart opnuut toevou in die lewe se liefdes […]
Kaneel-suiker vir die siel
‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele lyk ook nie te onaardig nie, […]
Drome word waar
Onverwags kry Willemien ‘n oproep van ‘n ou bekende vriend, sy is so opgewonde sy kan skaars behoorlik praat op die cellfoon . “Hi Shaun, wat ‘n verrassing om weer van jou te hoor. Net nou die dag sit ek en wonder hoe gaan dit nog met jou, ons het laas so vinnig gegroet net […]
’n Storie uit Donkerbos
In Donkerbos, so omstreeks middernag (geklee in ’n tutu van wit satyn) het ’n feekind met ’n vrolike lag in ’n ou kalander se mik verskyn. Die maan het sy in haar palms gehou en met kale voet, op haar toontjies fraai (onder ’n hemel wat indigoblou) gewals, ballet en om-en-om gedraai – so al […]
Seisoene se sielekos
As die hitte van die dag neerbak op jou lyf, jy vrolik baljaar in die lente van jou geluk. Sal jou hart nog kan jubel, jou stem gedigte skryf As skemer jou onwetend kom verstuk? As asemteue diep, jou longe brand, koue lug tintelend aan jou vel kleef, jou voete paai loop, in skoene gevul […]
Spyse vir die siel
Gretig lees ek op, elke inkbelaaide sin, volg ek elke vers, in my bybel vasgepen. Staan ek in pure opwinding om nog wysheid te win, om te verseker dat ek die brood van lewe ken. Nuuskierig kyk ek rond, na alles om my heen, Sien ek met waarderingsoë, dieper as vleeslike sig. Elke mens verskillend […]
Spyse vir die siel
Ek dra my siel op aan U o God Met hart, en siel en verstand Riglyn vir my lewe uit U gebod Plaas ek my sorge in U hand Dit wat ek wil, die doen ek nie Geneig kwaad te doen is ek Al gebruik ek soveel energie U Heilige Gees in my verstek My […]