‘n Liefdeslied
Kom ons sing en dans, en huil en lag, net ek en jy alleen in die grasveld; daar waar gras golwend lê soos velt, (*) staan die lelies op ons twee en wag. Hulle wag net vir my en vir jou, vir ons, om soos die son ons dag te kan verlig, om liefde te […]
Renonkel
renonkel “jou sjarme betower my” anemone en peonies gebind by naelstring jou fluweel voorkoms met vintage karakter jou sagte lippe in robyn-rooi nostalgies is jy in poeierpienk en lila-pers. © L Barnard 05/07/2015
Laaste Asem
Voëls roep, sing weemoedig, in die vloed van ‘n tranereën wat lewe aan hulle bring; daar staan hy, sonder ‘n naam, gesigloos, tussen die riete waar hartseer ronddraai. Tyd het aangebreek, sonder groot onthaal, om die geskenk in silwer en goud te open; om ‘n laaste struikelblok, verset, te oorkom en die weg te baan […]
DIS KERSFEES
In ons oë flikker bont sterretjies van kersfeesliggies. Oor toegedraaide geskenke loer opgewonde gesiggies. Tafels kreun onder vleise, brode en slaai. Siele en gemoedere word met vreugde oorlaai. Saam eet, saam drink en saam kuier, wyl Die Boodskap in die lug hang en kerkklokke beier. Die Koningskind verjaar, dis Kersfees! Laat daar vrede vir almal […]
AL MAAK DIT JOU KNIEË HORREL
Die eerste opdrag vir skoolkinders na ‘n vakansie, is gewoonlik om ‘n opstel te skryf oor die vakansie se gebeure. Hemel behoed my, ek het dit verpes, maar as ek nou oor my Desembervakansie moes skryf en vertel wat alles tussen Kersfees en Nuwejaar gebeur het, sou my opstel beslis volpunte gekry het. Nie oor […]
Hoop op Oukersaand
Zoey klou aan haar swart-en-bruin speelding; haar trane val geluidloos op die sagte koppie. Selfs met haar naglamp wat wys dat daar niemand anders in die kamer is nie, klop haar hart vreesbevange. Net Emmy kon die monsters weg hou. Net Emmy kon haar wêreld rustig maak. Sy vee haar trane af op Fudge, die […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
Vervulling
Teen heug en meug het ek weer koers gekry na ons rantjie waar geel botterklappers groei; bosfisante skrop op soek na wildeprei en patrysies tussen besembossies broei. Neweltjies van halfslaap se lekstroompies van terugverlang het in my nes kom maak en effe-syverings uit loodregkransies se stuif het ons, soos toet, deurnat nat gemaak. En jy, […]
In die hart van Korinte
ons liefde is vasgenaelstring by die dieper lees van Korinte daar waar genade immer dorstong na nog meer wil lek jou omgee maak blink natspoorpaadjies soos ‘n slak se spoor en dit is in die hak van die Wag-‘n-bietjie-bos waar ons liefde dan vasklou daar onder die Mopanie op die eentonige note van die sonbesie […]
Voëlsonde Kaskenades
Katlagter sit en skel onverpoos vergeet soms dat ander is ook broos Piet-my-vrou sit in diepe rou haar man het haar gisteraand afgeknou het mos gister saam met vink gesuip by die prieël waar gegiste korrels van soetheid druip Hadida sit op die nok en treur Uil se brassery het die hele nag sy rus […]