Dan dink sy terug aan hom
As ysbere tango-trippel oor kontoere van haar tenger lyf en winterswind weemoed deur haar hartmuur ranke gewaar sy die skroeivlam deur groen-oog aangevuur diep in sy binneste brand Wanneer souttraan biggel in haar seerkind se pupil vrae tolbos na haar toe rol sy stukkend stom starend luister na hoe sy koggellag deur demone geil gegerf […]
Die vrug van jou skoot
Mamma, toe ek klein was was ek soos bloeisels vir jou oë ragfyn sag en kneusbaar broos in perskepienk en appelkoosblomwit wat ontbloot aan naakte takke sit swanger aan belofte lentegeur en hoop. * Mamma, hier in Meimaand hang my perskeboom se blare so herfsdor aan hul takke. My appelkoosboom het – na sewe jaar […]
Blindelingse leidraad
tussen seewier en verrotte seebamboes wat branderry op golwe se rug is jou liefde my kompas, my ewige Suiderkruis wat met sterling die pad aanwys my voete weghou van blinde verdwaal ook die stofpad tot teer verhaal daar waar brandnekels en wilde-als verstikkend koek in die holtes van my keel kom jou streelsag stem om […]
~ ‘n Koninklike lamp ~
maak my ‘n lewende fakkel draai my toe in linne en vlam my lyf tot offer laat my lig versprei verby jou donker laat my wit jou vlek, laat my vlees verteer tot meer as ek en as branders in die nadraai van my lig duister dinge fluister feite van my naam, my herkoms en […]
~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou, hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek […]
Teenstellende Land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Die edik in my woorde
JY, die eens held van my kinderdrome en die redder van my vrouwees vrees het jou verwerping louwarm teen my siel se binnenaat kom lê dit was toe die ongestotterde woorde in dade voelbaar was wat die stilswye skerp soos dolke deur my kon priem deur ontkenning van my bestaan is my drome in flardes […]
PROJEK – TEENSTELLINGS
Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde. Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv: ‘As die donker swaar en grof sleep waar voete min en waaksaam loop […]
Nostalgie in ‘n geurige onthou’tjie
Soms spook spoor my gedagtes bloots deur die dag wanneer goeie onthou’tjies my tot stilstand pootjie en nostalgies in klein dingetjies vir my wag… van geurige moer koffie tot ‘n vars gebakte broodjie. Met ‘n brein oor werk en na rustigheid roep, soek my hart my ou vlak tussen bossie en sand koester my oë […]
Carpe Diem se Watsenaam
….en eintlik is ek nou al moeg gegryp aan al die dae. So moeg, dat dit reg voel om enetjie deur my vingers te laat val. Bietjie gryp na die veerpen wat saggies verby gesweef kom, en ‘n druppeltjie ink uit hom druk. So laat Hubby se “sit jy alwéér hier” my ongemaklik op die […]