Meer word minder
Mense skree vir
meer geld
meer werk
meer huise en skole
maar stap verby die kerk
“waar dan
sal ons hulp vandaan kom?”
Mense dans in strate
brand af
gooi klippe
plunder en verwoes
ontlaai hul drifte.
“ons hulp
kom van die Here”
Mense skel
verkleineer
beledig
skoor en moor
vergeet wie voorsien en wie verdedig.
“dis alleen tog Hy
wat hemel en aarde geskape het”
Mense dwaal verlore
soekend
moedeloos
kwaad en verward rond
vergeet waar lê die ware rus en troos.
… so word meer al minder
en ons wonder …
wat gaan dan oorbly vir ons kinders?
Mense moet besin
herwin
terugkeer na die kerk
van vooraf begin
hul geloof en vertroue in God versterk.
DIS, waar hulp vandaan sal kom
nie uit geledere
en valse beloftes van die mensdom!
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.