Jongste aktiwiteit:

op die strand

waar die silwer soom
die lyn tussen see en sand
verdoesel en verdeel

waar die golwe soms
die sand wegkalwe in slote
wegspoel en verwoes

waar die kinders speel
en heerlik met mekaar baljaar
in vrolike ontspanning

waar my duin oor alles
uitkyk met die oë van ‘n uil
daar waar alles gebeur

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed