Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Krisjan Visser maak ‘n plan (Brons)
15 kilometer van Norvalspont was die plaas Houvasjouhoed. Die topografie van die vallei waarin die plaas gelê het was presies dieselfde vorm as ‘n straalvliegtuig se enjin. Dit het veroorsaak dat daar konstant wind gewaai het. Nou nie daai ligte Suid-Ooster briesie van die Kaap nie . Nee, ons praat hier van Wind – met […]
Uitgeklok aan Genade (Boemelaar)
Winterkoud vuil verslete klouend aan ou kombers Iewers het sy lig verdwyn tussen gevoel en lewe uitgeklok aan genade alleen in eensaamheid wonder hy soms “hoekom” waar dan so skeef gedraai strompel hy deur strate op soek na iets te ete voor winkelvenster pak hy sy bondeltjie Koue sement vloer opgerol in n sielestryd oorval […]
Wat sou jy kon doen met ‘n miljoen?
Skryf vir ons in minder as 1000 woorde hoe ‘n miljoen jou lewe sou verander … of nie. Die liedjie van Lucas Maree het op gespring toe ek die eerste keer die opdrag sien. Dit is eintlik ‘n debateerbare onderwerp en was daar ‘n tyd wat ‘n miljoen baie was maar in vandag se terme […]
Die huis in Terrace straat
Deel 2 “Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets […]
Skakelbord dra my oor na die hemel
Soms moet jy net lees oorgretig soos ‘n rusper als verorber geraam in ‘n rondegang gespoel met die wisselbaarheid van tyd Waaraan gedagtes oorhaal verstop ons mond versuip ons gees ontvlam die donker vrees Hoe méét mens die wydte tussen hemel en aarde met ‘n slap-opgerolde-stok Soldaat,soldaat staan stil! Skiet my opgesluit vol-kleur in die […]
Skaduwees van gister
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rond jaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees maak nie saak die oorwinnings of deurbrake wat ons beleef nie. Dit is hierdie skaduwees wat […]
Stem in die Woestyn
Ek kan met eerlikheid sê dat ek goeie jare geken het. ‘n Oase waarin ek versorg, beskut en genoeg gehad het. Hierdie tydperk het my baie geleer van myself. Maar dit was ook ‘n tydperk van agteroor sit en verwag sonder om werklik iets by te dra, afgesien van die grootmaak van my kinders. My […]
DIE STRUGGLE IS REAL
Dis koud my vriend, dis baie baie koud! My bene pyn, my jare word oud. Ek kannie slaap nie, ek is so moeg. So gedaan van die lewe se geploeg. Die “kaya” van my met sink gebou hou nie uit die winter se ysige kou. Maar hier moet ek opslaan, die lewe te duur vir […]
Wag is nie vir sussies
Teen die tyd moet ek al ‘n Meestersgraad hê in wag. My pad met wag het al jare gelede begin. Ek moes omtrent 27 gewees het toe die woord die eerste keer my pad gekruis het. Ek praat nou nie van wag vir kos, of wag jou beurt af, of wag ek is nou besig […]